EntertainmentLifestyle

Helikopter en hoëhakke vir première

FOURWAYS – Nog 'n Suid-Afrikaanse rolprent word binnekort vrygestel, díe keer oor die grensoorlog.

Mari Rheeder

marir@caxton.co.za

FOURWAYS – Die rooitapyt, die netjiese, swart en wit tafeldoeke en die sjampanjeglase wat die ronte doen het vir ‘n elegante aand gesorg wat enige iemand soos ‘n ster sou laat voel. Die elegante affêre het egter ‘n interessante draai geneem met die klanke van ‘n helikopter wat gehoor kon word.

Vir hiérdie première op 28 Julie het organiseerders so ver gegaan as om ‘n militêre helikopter te kry om te land in die parkeerterrein van die Cedar Square inkopiesentrum in Fourways. Die rolprent is immers, My Father’s war en daarom was dit net gepas dat die hoofkarakters, Stian Bam en Edwin van der Walt in die helikopter land.

Sterre van die sepie, Getroud met Rugby en ander bekendes soos die befaamde, Tobie Cronje, Donnalee Roberts, Ivan Botha, Bennie Fourie en Lochner de Kok het ook die première bygewoon om die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf te ondersteun.

“I’m scared” was skrywer en regisseur, Craig Gardner van Parkview se eerste woorde. Hy noem dat hy nie weet hoe mense sal reageer oor so ‘n rolprent nie. “The boarder war is a subject that not many people talk about and we have veterans that were in that war who need closure. We have to open the dialogue now while these people are in their 40s, 50s and 60s.”

Stian Bam wat Dawid speel noem dat hy die gebroke verhouding met sy seun (Edwin van der Walt) in die rolprent moet regmaak. “Hierdie is ‘n familie-drama en gaan oor genade en vergifnis,” het Bam genoem.

Oud-leerling van Laerskool Unika en Hoërskool Randburg, Erica Wessels speel Bam se vrou, Karina in die rolprent. “Die verhouding tussen pa en seun is ‘n universele tema. Dit maak nie saak of jy Suid-Afrikaans, Turks of Amerikaans is nie. Hopelik sal mense dink ‘ek moet my pa bel’.”

Edwin van der Walt speel die rol van Dap. “Ek het ‘n vooropgestelde idee gehad van waaroor die grensoorlog gegaan het. Om eerlik te wees ek het gedink dit is oor rasse teenmekaar geveg het, maar dit was die laaste ding waaroor dit was. Ek het amazing stories gehoor oor bande wat gevorm is tussen hierdie mense,” het Van der Walt met sy moderne kaki-groen pak gesê.

Verwante artikels:

Related Articles

Back to top button