Liefde by Emmarentia Dam

EMMARENTIA - Liefde by die dam op Jeugdag.

Musiekliefhebbers is in vir ‘n groot bederf op Jeugdag vanjaar. Almal kan ‘n voldag in die winterson geniet by Emmarentia-dam met die musiekfees, Liefde by die Dam. Die fees is oop vir alle ouderdomme.

Liefde by die Dam, vernoem na Valiant Swart se bekende treffer met dieselfde naam, strewe daarna om as vertoonvenster vir die beste plaaslike talent te dien. Enige musieksmaak sal die dag versadig word met optredes deur Suid-Afrikaanse rock-groep, Die Heuwels Fantasties en Van Coke Kartel se hoofsanger, Francois van Coke.

Die Heuwels Fantasties sal vermaak met hulle alternatiewe klanke. Foto: verskaf.

Die man met die rasper stem, Theuns Jordaan bekend vir sy treffers soos Sal jy bly en Soos bloed sal sorg vir ‘n rustige atmosfeer by die prentjie-mooi Emmarentia Dam op 16 Junie. Blues sanger, Valiant Swart sal feesgangers vermaak met sy kitaar en bekfluitjie. Om hierdie dag af te rond is daar ook die meisiesgroep, Blackbyrd, Brendan Peyper met sy treffer Tafelberg vir twee en Majozi met treffers van sy nuwe album.

Topverkoper, Theuns Jordaan sing op Jeugdag. Foto: verskaf.

Bring jou piekniekmandjie of geniet ‘n wye keuse van die talle kosstalletjies. Die dag sal van 10vm tot 5nm duur.

Verwante artikels:

Bastille to storm Emmarentia Dam 

 

Exit mobile version