EntertainmentLifestyle

Akteur deel talent om kollega te help

WESTDENE – Frank Opperman verskyn in 'n solo-vertoning om fondse in te samel sodat Sean du Preez se operasieskuld gedek kan word.

‘n Bekende Afrikaanse akteur is op 8 November te sien in ‘n eenmantoneelstuk by die Assemblies of Christ Church in Westdene om fondse in te samel vir ‘n ander bekende.

Frank Opperman vertolk die rol van Dominee Tienie Benade. Al die fondse wat tydens die opvoering ingesamel word gaan aangewend word om van oud Trompie en die Boksombende akteur Sean du Preez se operasieskuld te delg.

Sean se ma, Vicki du Preez, verduidelik dat Sean (49),’n kameraman vir KykNet Ontbytsake, in 2014 ‘n noodsaaklike heupvervangingsoperasie ondergaan het, maar dié onkoste is steeds nie afbetaal nie.

Sy sê, “Die poging tot ‘n fondsinsameling in 2014 was nie suksesvol nie, dus is daar nog R150 000 uitstaande.”

Volgens Vicki het Opperman ingestem om sy bekende komedie, Klaagliedere van Ds Tienie Benade, in Westdene op te voer en die kaartjiegeld aan Sean te skenk.

Dié opvoering was tydens die 2015 Absa KKNK Fiesta-toekennnings op die top 10 uitverkoopte lys en Opperman het ook ‘n toekenning vir die beste enkeloptrede verower.

Volgens die Artist Warehouse webtuiste handel die stuk oor ‘n middeljarige predikant wat homself permanent in ‘n penarie bevind.

“Sy gemeente se lot is dieselfde as dié van baie ander gemeentes – getalle daal drasties, die skuldlas groei en sy senior kerkraadslede is knorrig en te oud om van hulp te wees.

“Die klaagliedere van Ds Tienie Benade is ‘n storie van verdriet maar ook ‘n storie van hoop wat nie beskaam nie – ‘n bittersoet verhaal wat met deernis vertel word van ‘n Afrikaanse dominee in ‘n tyd waarin mense nie meer so getrou kerk toe gaan nie,” sê die webtuiste.

Gerrit Schoonhov is die regisseur en Dana Snyman die skrywer van die toneelstuk.

Kaartjies is beskikbaar teen R120 / R100.

Vir verdere besonderhede: Vicki du Preez, 076 098 1150.

Verwante artikels:Karakters van Trompie vertel wat hulle deesdae anvang 

Boksembende maak n plan om blikkies te help 

Local actor’s dumping drama in Melville

Meet SA bachelors and bachelorettes

 

Related Articles

Back to top button