Jooste kies n nuwe koers

NORTHCLIFF – Jooste beklemtoon dat passie altyd in jou werk sal deurstraal as jy hard genoeg werk.

Op vakansie in Mosselbaai voor ‘n gehoor van 2 000 mense, het Tobi Jooste besef sy stem is sy talent en sing is wat hy moet doen vir ‘n lewe. Jooste is gebore in die Klein Karoo en musiek was moeilik want klavieronderwysers was daar nie en hy moes ‘n plan beraam en met kramdrukker in die een hand en A3-papiere in die ander, het hy sy eie klavier gemaak.

“Ek het die verskillende klawers wit en swart gemaak en my stem was die note; dit was goed genoeg totdat ek twee jaar later my eerste

musiekonderwyseres gekry het. Ek het agtergekom dat as mens ‘n passie het vir iets sal jy dit laat werk, kom wat wil.”

Hy het onlangs sy nuwe CD bekendgestel onder die leiding van musiekpromotor Lydia Winchester en dié is die eerste album wat Jooste self

bekendgestel het sonder om vasgeteken te wees by ‘n platemaatskappy.

“Die nuwe album staan bekend as ‘n Man se Hart en dit het 14 snitte en elke snit is persoonlik want die album is my vriendekring-album. Voor ek was waar ek nou is, het ek vriende gemaak met kunstenaars wat toe nog nie so bekend was soos wat hul nou is nie, en meeste van hul het my uitgehelp met my album op een of ander manier,” vertel Jooste.

Winchester verduidelik tussendeur dat die album nie beskikbaar is by musiekwinkels nie maar wel op iTunes en per bestelling direk van Tobi af.

Hy praat verder en sê dat die album nog steeds ‘n klassieke klank het maar dis meer main-stream en Tobi lei sy getroue luisteraars in sy nuwe snitte in met sy bekende baritonstem.

“Die album het twee Spaanse snitte ook op en ek moes Whatsapp inspan om die woorde reg te kon uitspreek. Ek het ‘n paar jaar terug vriende gemaak met vier Spanjaarde in Madrid en die dag toe ek in die ateljee die liedjie genaamd, Quisas Quisas Quisas moes opneem, het ek met die klets-tegnologie se stem-opneemfunksie vir hulle die vier kort snitte gestuur van die liedjie en hulle het dan twee minute later geantwoord en die woorde met die regte uitspraak teruggesing.”

Die sanger toor in die album ook met Afrikaaans, Engels en Zoeloe met van die ander snitte.

Jooste se talente stop nie daar nie. Hy is ook ‘n meester van woorde want hy het reeds twee boeke agter sy naam en sy jongste boek getitel Daar is ‘n Eiffeltoring in Sy Bedoel is aangewys as die vierde-beste Afrikaaanse verkoper in 2014. “Die idee agter die boek het ontstaan sowat drie jaar gelede toe ek op ‘n lughawe gestaan het en ek het ‘n oproep gekry met die slegte nuus dat my ouma oorlede is. Ek het net daar ‘n vliegtuigkaartjie bespreek Parys toe in Frankryk. Ek het ‘n paar dae later onder die Eiffeltoring gestaan en my afgevra oor wat ek wil hê in my lewe en ek het net daar besluit om te begin skryf aan ‘n nuwe boek.”

Winchester beskryf Tobi as iemand wat plat op die aarde is met ‘n sin vir humor. “Hy is uniek omdat hy elke show anders doen, hy’t ‘n gevoel vir die gehoor en wat hulle wil hê en dit maak hom een uit ‘n miljoen in die Afrikaanse mark,” sluit sy af.

Details: @tobijooste en www.tobijooste.co.za

Exit mobile version