Linden hou weer Prestige

WESTDENE – Die Linden Prestige atletiekbyeenkoms was weer eens 'n glansgeleentheid.

 

Hoërskool Linden het op 27 Januarie hul jaarlikse Prestige atletiekbyeenkoms op die Universiteit van Johannesburgurg se sportgronde gehou.

Die skool het sewe ander skole genooi om die atletiekbyeenkoms by te woon. Volgens sportadjunkhoof Ronelle Nell was dit goeie voorbereiding vir die super-interhoër wat op 21 Februarie gaan plaasvind.

Hoërskole Bergsig, Florida, Marais Viljoen, Klerksdorp, Volkskool Potchefstroom, Vereeniging Gimnasium en Midstream College het hul atlete na die baan in Westdene gebring om hul vaardighede te bewys en dit het geensins aan geesdriftige ondersteuners ontbreek nie.

Die byeenkoms het om 10nm geëindig met Hoërskool Klerkskorp wat as wenners uit die stryd getree het.

Marianne Gouws, Linden se bemarkingsbeampte, sê die atlete kon die geleentheid ook gebruik om hul Absa-reeks punte te verkry. Die doel is om die top 15 te haal.

Atlete van Hoërskool Linden wat eerste plekke behaal het was:

Lana Gouws vir diskus dogters o/15

Stefan Schoeman vir 1 500m seuns o/15

Marnes Vorster vir hoogspring seuns o/17

Deveaux Bakkes vir 110m hekkies seuns o/19

Tommie van Staden vir spiesgooi seuns o/19.

Nell het ook genoem dat Hoërskool Linden die jaarlikse Prestige atletiekbyeenkoms al vir meer as 10 jaar aanbied.

Exit mobile version