Linden se dapper stryd nie genoeg in eindstryd nie

Die spanning was duidelik toe Riebeeckrand en Linden mekaar in die SDC Noordvaal Beker se eindstryd ontmoet het.

In ’n opwindende eindstryd van die SDC Noordvaal Beker het Hoërskool Linden en Hoërskool Riebeeckrand – twee gedugte teenstanders – mekaar aangetree en gesorg vir deurgaans spanningsvolle spel.

Die wedstryd het afgeskop met beide spanne gretig om beheer te neem, maar dit was Riebeeckrand wat die eerste drie druk in die 23ste minuut en vervyf, wat hulle ’n vroeë voorsprong van 7–0 gegee het.

Read more: Hoërskool Linden’s winning streak continues

Linden het vinnig gereageer met ’n strafskop in die 25ste minuut, wat die telling na 3–7 verminder het. Riebeeckrand het egter hul momentum behou en met ’n verdere strafskop kort daarna hul voorsprong na 10–3 opgestoot.

Linden (wit) werp alles in die stryd om goeie spel te lewer.

Namate die eerste helfte vorder, veg Linden dapper terug en ’n verdere strafskop bring die telling op 6–10 te staan. Riebeeckrand veg meedoënloos voort, druk nog ’n drie, vervyf suksesvol en stoot die telling op na 17–6.

Die druk op Linden neem toe, terwyl die Riebeeckrand die geleenthede benut met ‘n verdere strafskop wat die gaping na 24–6 voor rustyd vergroot.
Die tweede helfte begin met Riebeeckrand wat 31–6 voorloop – ’n geweldige uitdaging vir Linden.

Die agterstand het Linden egter nie van stryk gebring nie. Vasberade en veerkragtig druk hulle flank Keatin Carlse ’n drie vroeg in die tweede helfte wat die gaping na 31–11 verminder.

Hoerskool Riebeeckrand verseker hul eerste SDC Noordvaalbeker.

Met slegs nege minute speeltyd oor, druk Aidan Mans nog ’n drie vir Linden; Francois Steyn stuur die bal sekuur tussen die pale deur wat die telling op 31–18 tot stand bring – tot groot vreugde van hul geesdriftige ondersteuners.

Also read: Golden Lions rugby stars from Northcliff High School

Ten spyte van hul dapper pogings was die tyd verstreke. Die fluitjie blaas en Riebeeckrand is die oorwinnaars met die finale telling van 31–18.

Spelers van albei spanne veg om besit van die bal te verkry.

Xander Wray van Riebeeckrand is as Man van die Wedstryd aangewys vir sy uitstaande prestasie, terwyl Riebeeckrand hul derde trofee inpalm na hul vorige oorwinnings van die Golden Lions Beker en die Puk-reeks Beker.

Riebeeckrand se afrigter, Janco Tiedt, het Linden geprys vir hul volharding en veggees. “Dit was ’n strawwe wedstryd; ons het vir twee weke druk geoefen. Linden is ‘n taai span wat hard geveg het, en hulle het baie goed gespeel. Hulle verdien erkenning.”

Hoerskool Riebeeckrand val aan.

Albei spanne kan trots wees op hul prestasies.

Follow us on our FacebookXInstagram and TikTok pages. Join our WhatsApp group for any story ideas you may have.

Related article: Bokpark brings on the rugby festivities

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version