Die son skyn op dié kinder pleeghuis

NEWLANDS - Die pleeghuis Morning Sunshine 4 Kids vra die publiek om hulle asseblief uit te help met skenkings vir hulle nuwe winterskema.

Die Morning Sunshine 4 Kids pleeghuis vir kinders verkeer in nood.

“Ons het ‘n nuwe winterskema,” verduidelik Bianca Kock, voorsitter van dié nie-winsgewende organisasie.

“Ons wil graag hierdie winter uitgaan en vir kinders en boemelaars op die strate sop, komberse en klere uitdeel. Maar ons het die publiek se hulp nodig om die skema uit te voer.”

Kock vra lede van die publiek wat dalk ekstra klere, komberse, kos, toiletware, ou storieboeke en opvoedkundige materiaal kan skenk om haar asseblief te skakel.

“Ek was ‘n verpleegster, en ek het gesien die kinderversorgers gee nie om nie. Die kinders het ons hulp nodig,” smeek Kock. Net dan en daar het sy besluit om die pleeghuis te stig.

Morning Sunshine 4 Kids bestaan al twee jaar, en by hulle word die 35 kinders wat gekoppel is aan hulle organisasie eerste geplaas.

Enigiemand wat kan uithelp met ‘n skenking of ‘n donasie, of selfs vrywillig wil help, kan Bianca Kock op 074 3772796 skakel, of haar e-pos op morningsunshine4kids@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version