NewsSchools

Linden se Engels is tops

LINDEN – Leerders begin al hoe meer die belangrikheid van Engels as verstaan en Hoërskool Linden help hulle op die regte pad voorentoe.

Hoërskool Linden het baie redes om trots te wees op hulle leerders.

Laasjaar se matrieks het die hoogste vakgemiddeld, 75,68 persent, vir Engels huistaal in die provinsie behaal het.

Hierdie is inderdaad ‘n prestasie, aangesien dit Gauteng se 620 Engels- en Afrikaanssprekende skole insluit.

Jenny Immelman, departementshoof vir Engels, sê dit bewys dat Linden se leerders, wat Afrikaanssprekend is, hul plek kan volstaan in enige tersiêre instelling wat deesdae hoofsaaklik in Engels onderrig verskaf.

“Hulle besef die voordeel daarin om Engels te kan gebruik,” vertel sy.

Tussen 30 en 40 matrieks vat hierdie vak jaarliks aan. Meeste verkies alhoewel om Engels as ‘n eerste addisionele taal te vat.

“Engels huistaal is ‘n meer krities analitiese manier om met taal om te gaan. Ons analiseer tekste en letterkunde in meer diepte,” sê Immelman. Sy sê ook dat wanneer hierdie leerders universiteit toe gaan is akademiese Engelse vir hulle meer toeganklik.

Die skool se departement van sewe onderwysers, wat Engels as huistaal en eertse addisionele taal en selfs AP engels aanbied, werk hard om elke jaar die meeste vir leerders te bied.

Immelman is verskriklik passievol oor taal, en sy dra hierdie passie oor aan leerders. “Taal is die medium waardeur beide ‘n ingeneur en ‘n loodgieter moet werk. Jou sukses hang af van hoe taalkunding bemagtig jy is, ongeag watter beroep jy volg.”

Mense wat taal kan genruik om hulle saak te stel en om ander te oortuig, is die mense wat vooruitgaan in die lewe, vertel Immelmal.

Dít is wat sy aan die leerders verkoop en wanneer hulle dit verstaan, begin hulle meer belangstel in die vak en interaktief raak daarmee. “Ek probeer in die klas ‘n oefenskool gee oor hoe om taal te kan gebruik.”

LEES OOK: Hoërskool Linden’s 100% pass rate 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button