107 nuwe Louwtjie-gesiggies

LINDEN – Laerskool Louw Geldenhuys verwelkom hulle nuwe groep Graad Eentjies – en 'n nuwe hoof.

 

LINDEN – Laerskool Louw Geldenhuys het nie net 107 nuwe Graad 1 leerlinge by die skool verwelkom nie, maar ook ‘n nuwe hoof.

Martin Bensch, wat vir agt jaar by Laerskool Esperanza skoolgegee en vier-en-‘n-half jaar die adjunkhoof daar was, sien daarna uit om soos die babbelbekkies ‘n nuwe skool te betree.

Bensch vertel hy gaan nie soos ‘n nuwe besem by die skool begin skoonvee nie, maar liewer die laerskool verken. “As daar iets is wat die skool, ouers of beheerliggaam wil verander sal ons dit saam aanpak. Ek gaan nie ‘n outokraat wees nie,” meen hy.

Op hulle eerste dag by die ‘grootskool’ het baie leerlinge ‘n maklike oorgang van Graad R of kleuterskool gehad. Laerskool Louw Geldenhuys het ook ‘n Graad R groep, so die dae van trane op die eerste dag is nie meer nie, vertel Bensch.

Die Graad 1s het dit bewys. Byna geen hartseer of bang gesiggies kon by die klasse gesien word nie. Al die Graad 1 en R ouers het die saal byeenkoms bygewoon en saam met hulle kinders die pad na die nuwe juffrou se klas gestap.

Related Articles

Back to top button