Local newsNews

Dans vat haar Rusland toe

LINDEN – Hoërskool Linden se Jade Brummer gaan ballet dans in Saint Petersburg.

Jade Brummer, ‘n Graad 10-leerder van Hoërskool Linden, het onlangs eerste plek behaal met haar balletsolo in die Dans Wêreldbeker in Pretoria en gaan binnekort in Rusland haar vernuf tentoonstel.

Jade het in Februarie ook aan die Suid-Afrikaanse Internasionale Balletkompetisie in Kaapstad deelgeneem waar sy meegeding het met ballerinas van regoor die wêreld.

Sy sê die kompitisie het haar blootgestel aan internasionale balletstandaarde en sy besef nou hoeveel harde werk vir haar voorlê.

 

Jade Brummer dans al vandat sy agt jaar oud was. Photo: Vic Brummer

 

“Ek was gelukkig genoeg om deur te dring na die tweede rondte, maar die kompeitisie was straf en ek en hele paar ander Suid-Afrikaners het dit nie na die finaal gemaak nie.”

Jade dans tans by die Russian School of Ballet in Parkhurst en gaan in Mei na St Petersburg in Rusland om verder te gaan leer.

“Ek is baie opgewonde en sien daarna uit om lesse van die Russiese dansonderwysers te ontvang. Hulle het baie agtergrond en kennis van ballet. Ek wil hierdie geleentheid gebruik om my ballettegniek te verbeter en ook te sien hoe die dansers daar leef.”

Sy sê sy gaan darem ook ‘n tydjie hê om die land te sien.

 

Jade Brummer (middel) in verlede Oktober se opvoering van Sleeping Beauty. Photo: Vic Brummer

Die talentvolle meisie dans al vandat sy agt jaar oud was en sy wil beslis na skool ballet professioneel aanpak. Van harde werk en sweet in die klas tot towerkuns op die verhoog, dít is haar roeping, sê sy.

“Ek geniet ballet vreeslik baie. Dit is grasieus en mooi om so te kan dans. Dit vat jou na ‘n ander wêreld.”

 

Jade Brummer tree verlede jaar Oktober op in die Roodepoort Teater. Photo: Vic Brummer

LEES OOK: Order of Good Hope recipient Stuart Weaving visits Linden Bowling Club 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button