EntertainmentEntertainment galleriesGalleriesLifestyle

Lui-lekker liefde by die dam

EMMARENTIA - Afrikaans, musiek en die jeug word op jeugdag by Emmarentia-dam gevier.

“Die liefde is soos ‘n ryp komkommer, vergeet hom in die sakkie dan verlep hy sommer. Liefde by die dam, by die dam, by die dam.”

Nie net is hierdie ‘n bekende lied van Afrikaanse blues-sanger, Valiant Swart nie, maar dit was ook die titel vir ‘n musiekfees soos geen ander.

Op Jeugdag, 16 Junie het die room van Suid-Afrikaanse sangers en groepe bymekaargekom by Emmarentia-dam vir ‘n unieke Jeugdagfees. Vir die skoner geslag was daar Brendan Peyper, met sy treffersnit Tafelberg vir twee. Die ry meisies wat gewag het vir ‘n kans om Peyper te ontmoet, groet en ‘n foto te neem, was besonder lank.

Majozi se stem en sy vernuf met verskillende instrumente het die feesgangers in die regte bui gesit vir die ander kunstenaars wat ook hul beurt afgewag het om die sowat 6 000 mense te vermaak. “I am so glad to be here and celebrate youth day,” het Majozi met sy Liefde Wen-pet gesê. Tussendeur sy sang was daar ook ligter oomblikke, soos toe ‘n pakkie lekkers in sy rigting gegooi is nadat hy daarvoor geskimp het. “See, if you ask for something, you might get it,” het hy gegrap.

Die warm winterson het nie die musiekliefhebbers se geluk gedemp nie. Die gejuig kon van ver gehoor word toe Valiant Swart op die verhoog verskyn het. Oral kon groepies gesien word wat saamsing, saamskree en ook dans op die maat van Liefde by die dam.

Die sanggroep, Blackbyrd het gesorg dat die mans ook iets het om na te kyk. Die drie vroue met die uitklophou-styl het elk met ‘n kitaar in die hand die dag ‘n heel ander country-gevoel gegee.

Die gehoor het behoorlik opgewonde geraak oor rocker Francois van Coke se 45 minute op die verhoog. Almal het natuurlik in groot afwagting gewag vir die bekende treffer, Toe vind ek jou, wat Van Coke saam met Karen Zoid opgeneem het. Pille vir Kersfees-sangers, Die Heuwels Fantasties en Soos Bloed-sanger Theuns Jordaan het die dag afgerond.

Related articles:

Liefde by Emmarentia Dam

Related Articles

Back to top button