KYK: Diva vereer by haar 85e verjaarsdag

Hoor ’n mens die van Veenemans, is daar een woord wat jou gedagtes binnespring: en dis SING.

Hoor ’n mens die van Veenemans, is daar een woord wat jou gedagtes binnespring: en dis SING.

Party van ons sou ons kinderjare nie kon voorstel sonder Barbara Veenemans se stem nie. Sy is immers ’n beroemde sopraan wat Suid-Afrika se naam hooggehou het – en het jarelank in Bonn sang studeer voordat sy haar in haar tuisland kom vestig het.

Sy was die eerste koordirigent van die destydse Verwoerdburgse Meisieskoor en ook die Pretoriase kinderkoor het onder haar musiekbekwaamheid floreer.

As een van ons dorp se bekendste sangeresse, was haar 85e verjaardagkonsert ’n lus vir die oor – en oog. Met haar eie beroemde dogter, Michelle, en kleindogter Rochelle se sang, was die Vriende wat by die Centurion teater saamgekom het vir die viering, in vervoering.

Barbara ontvang rose. Foto: Coekieshot

Martin Lane van eertydse Springbokradio-faam, en jarelange vriend het die klawers laat sing – en daar was ook swaeltjies by betrokke. Marco Fourie, Coert Grobbelaar, en nog ’n paar ander musici het die gehoor betower. Vioolspeler Miro Chakaryan, konsertmeester van die Johannesburgse Filharmoniese Orkes, het veral met sy sigeunerwysies gewys wat ’n meester met ’n viool kan doen.

Barbara is tydens die geleentheid met ’n Oorkonde van die ATKV vereer. Dit is deur Sonel Brits, besturende direkteur van die ATKV, aan haar oorhandig.

Laaste maar nie die minste nie, was die finale item Schenkt Man sich Rosen waar die hele groep saamgesing en aan haar rose gegee het (soos die lied sê).

Hoe geseënd moet sy voel, met beide haar dogter en kleindogter wat haar fenomenale talent geërf het. Dis seker nooit stil by familie-etes in dié Pretoria-gesin se huis nie.

LEES MEER: AfriForum stel planne bekend vir elektrisiteitsplan

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button