Ou FAK-liedjies word afgestof deur Die Rakkers vir jongspan

"AfriForum-teater het sonder skroom besluit om deel te word van di opwindende nuwe projek wat goeie gehalte Afrikaanse kindervermaak skep."

AfriForum-teater is trots om deel van ’n splinternuwe projek te wees, waar ou Afrikaanse FAK-liedjies afgestof en nuut gemaak is sodat die jongspan dit opnuut weer kan geniet.

Hierdie opwindende projek genaamd, Die Rakkers, is vroeër die week ter viering van Internasionale Moedertaaldag, geloods.

Die Rakkers sing ou gunstelinge soos “Hoedjies van papier”, “Hansie Slim”, “Wielie Walie”, “Dis heerlike lente” en “Saai die waatlemoen”.

Die groep bestaan uit Nadia Beukes, Lee Scott, Hendri Myburgh en Pulane Nel-Sekepe en elke lid van die groep verteenwoordig ook ’n kleur – rooi, geel, blou en groen – wat bydra tot die opvoedkundige waarde van die projek.

Die bekroonde internasionale vervaardiger, Vaughan Gardiner, wat ook ’n pa van twee woelwaters is, is verantwoordelik vir die musikale en stemverwerkings, asook die finale meng van Die Rakkers se opname vanuit Dubai terwyl Ferdinand Skead die kunstenaars plaaslik opgeneem het.

Teaterbestuurder van die AfriForum-teater, Carien Bloem sê dat dit ’n wonderlike manier is om Internasionale Moedertaaldag te vier.

“AfriForum-teater het sonder skroom besluit om deel te word van dié opwindende nuwe projek wat goeie gehalte Afrikaanse kindervermaak skep,” sê Bloem.

Hoof van AfriForum-teater, Salet Smith sê, “Ons voel saam met die kunstenaars sterk oor die nalatenskap wat ons vir ons kinders in ons pragtige taal Afrikaans los. Om ou bekende FAK-liedjies af te stof en nuut te maak vir die jongspan was in die kol. Die voortbestaan van Afrikaans, ongeag die genre, sal altyd vir AfriForum-teater belangrik wees.”

Die Rakkers se eerste keurspel is reeds op digitale platforms asook op AfriForum-teater se sosialemediaplatforms te sien.

Klik op dié skakel om na die keurspel te luister:  https://bit.ly/DieRakkersIsHier

 

LEES MEER> Eskom security guards shot at and robbed at Winterveldt substation

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version