KYK: Stefan Jansen neem jou agter die skerms met nuwe musiekvideo

Die eindproduk is ’n informele video wat die luisteraars agter-die-skerms neem tydens die opname en vervaardiging van hierdie inspirerende enkelsnit.

Die talentvolle musikant en sanger, Stefan Jansen, se debut enkelsnit, “Verdienste en Genade”, is gedurende Oktober 2020 uitgereik en dié verfrissende kontemporêre lied het by talle luisteraars landswyd aanklank gevind.

Omdat hy graag die emosie tydens die enkelsnit se opname wou uitbeeld in ’n musiekvideo het hy en sy vervaardiger, Robin Walsh, besluit om verskeie GoPro-kameras in die ateljee op te rig.

Die eindproduk is ’n informele video wat die luisteraars agter-die-skerms neem tydens die opname en vervaardiging van hierdie inspirerende enkelsnit.

“Hierdie is nie ’n mooi-lyk video nie, hierdie is ’n video om vir my aanhangers deel te maak van die kreatiewe proses in die studio. Omdat dit wys hoe alles gebeur het kan mens die optrede en emosie van die song selfs meer voel,” sê Stefan.

Kyk die video hier: 

Sosialemdiaskakels:

Facebook: www.facebook.com/StefanJansenMusic/

Instagram: @stefan.jansen.music

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button