VIDEOS: Nuwe musiek om jou lus vir die lewe terug te bring

Nuwe musiek wat jou goed sal laat voel!

Christiaan Baartman se nuwe musiekvideo gee mens hoendervleis

Christiaan Baartman se splinternuwe enkelsnit “My Vrou” is onlangs aan radiostasies landswyd vrygestel en nou volg die musiekvideo kort op sy hakke. Dié hartroerende liefdesliedjie gee ’n blik op die troudag vanuit ’n man se perspektief.

Die lied en video is ’n verklaring van ’n man se liefde aan sy vrou en dat hy altyd daar sal wees.

It takes two to tango en met ‘My Vrou’ hoop ek om die spesiale dag te help vorm in albei se oë,” sê Christiaan, wat hierdie lied saam met Jattie de Beer geskryf het.

Die musiekvideo sluit nou aan by die liedjie se tema en vang die opwinding en glans van die groot dag vas.

LEES MEER: VIDEO: Nuwe musiek op die horison

“Ons het ’n ongelooflike span gehad wat saamgewerk het om lewe te gee aan hierdie video – Imperfect Perfection, Pink Flower Productions, Beautiful Change en Captivating Mobile Hair and Makeup. Dit was ’n ongelooflike ondervinding en ek is so opgewonde om die resultaat nou met almal te kan deel,” gaan hy voort.

“Die liedjie praat vir diegene wat nie weet hoe om hul gevoelens oor te dra nie en dien as spreekbuis vir mans wat sukkel om te sê hoe hulle voel.

Facebook: www.facebook.com/christiaankrit/ 
Instagram: @christiaanbaartman
YouTube

Nuwe enkelsnitte uitgereik en album oppad vir bekroonde musikant 

Die bekroonde kitaarspeler, sanger en liedjieskrywer, Nathan Smith, het hierdie week nie net een nie, maar twee enkelsnitte vrygestel.

Dié vrystellings het reeds groot opwinding op sosiale media, maar ook onder bekendes in die vermaakbedryf, veroorsaak.

Nathan is veral bekend vir sy werk as sessiemusikant en spog met 26 jaar se ondervinding in die musiekbedryf.

“Closer” is die eerste enkelsnit wat op Maandag, 25 Mei aan radiostasies landswyd uitgereik is. Dit is ’n liedjie wat hom na aan die hart lê. Dit is ook sy eerste gospelliedjie en dit gaan oor hoe dankbaar hy is om die Skepper se kind te wees.

“Ek is bewus van die druk wat die wêreld en media op ons sit om hard te werk om bo uit te kom. Maar God sê dat Sy genade genoeg is; dit is al wat ons regtig nodig het. Die res is net detail. Ek het dus besluit om my dankbaarheid vir Sy onvoorwaardelike liefde en genade in ’n liedjie vas te vang.

LEES MEER: Centurion-kunstenaar skop solo-loopbaan af

“Decisions” het gevolg en is op Donderdag, 28 Mei landswyd uitgereik. Dit handel oor hoe liefde en verhoudings nie altyd uitwerk soos wat jy gedink het dit moet of wanneer dit moet nie.

Hierdie liedjie is reeds jare terug deur die kunstenaar geskryf – nog voordat hy getroud is – en gaan oor hoe jy vir iemand wag om op jou gevoelens te reageer, terwyl jy nog besig is om jou wonde te lek na ’n vorige verhouding.

“Ek glo dat baie mense by die tema van die snit sal aanklank vind. Ons het almal al gehoop vir iets wat nie kon wees nie, en dis waaroor dit op daardie tydstip vir my gegaan het,” deel hy.

Albei hierdie enkelsnitte is geneem vanaf sy komende album Here’s to the Now wat einde Junie of begin Julie 2020 op alle digitale platforms vrygestel sal word. Dit bevat 12 oorspronklikke snitte. Hierdie album word reeds geloof deur baie van sy mede-musikante en groot aanhangers van sy werk in die bedryf.

Facebook: www.facebook.com/NathanSmithOfficial/
Twitter: https://twitter.com/NatStringSmith
Instagram: https://www.instagram.com/nathansmithvibes/
Webblad: www.nathansmith.co.za

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

Related Articles

Back to top button