KOMPETISIE: Wen kaartjies na ‘n spesiale voorskou van Racheltjie de Beer

Die verhaal van Rachel de Beer kom binnekort na die naaste fliekteater in jou area. Moet dit nie misloop nie.

Hierdie ikoniese Afrikaanse drama speel af in die Suid-Afrikaanse wildernes in die 1800’s.

Vyf jaar nadat haar moeder sterf, is jong Rachel de Beer op die punt van adolessensie wanneer sy en haar vyf-jarige boetie Jamie saam met hul pa na die goue velde oppad is vir ’n nuwe begin.

Wanneer Jamie wegraak een aand tydens ’n frats sneeustorm, is Racheltjie oppad uit om haar boetie te soek.

In die rolprent is gerespekteerde akteurs soos Marius Weyers, Sandra Prinsloo en Beate Opperman te sien.

Moet dit nie misloop nie.

Die rolprent word landswyd op 18 Oktober vrygestel.

Lokprent:

KOMPETISIE:

Rekord het ’n paar kaartjies om weg te gee na die spesiale voorskou van die film by Kolonnade op Donderdag 17 Oktober. Die prys sluit ook ’n koeldrank en springmielies in. Sleutelwoord is ‘RACHELTJIE’.

Kompetisie sluit 16 Oktober 2019.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version