VIDEO: Deon Groot musiek leer jou ‘dans, kuier, en om musiek en goeie geselskap te geniet’

“My inspirasie is letterlik mense en situasies."

Deon Groot se nuwe album en tweede enkelsnit van die album, Ek Sweer, is pas bekendgestel en aanhangers is in vervoering. Sy eerste enkelsnit, Wyn, wat gedurende Maart 2019 vrygestel is, het die nommer een posisie op die trefferparades van radiostasies landswyd ingeneem.

Rekord het met Deon gepraat om te hoor wat hy beplan vir 2019 en ook wat sy grootste drome vir sy nuutste album is.

“My inspirasie is letterlik mense en situasies. Dink daaraan om te delf in dit wat om ons aangaan en dit wat ons raak is waar die werklike stories lê en met dit kan mens stories vertel. Die mensdom verskaf soveel mooi in die lewe,” sê hy.

Oor sy eie lirieke skryf, het hy baie te sê. Deon Groot is mal oor woorde en mal daaroor om sy kreatiewe denke op papier te sit.

“Ek dink dis die lekkerste en beste manier om te sing. Jy beskryf wat jy voel en jy druk dit die beste met liedere uit. Ek voel net as dit na aan jou hart lê dat jy dit beter kan vertolk in emosie en stem.”

Volgens Deon, is die inhoud op sy nuutste ateljee-album, wat ses maande geneem het om op te neem, verweef met liefdes- en partytjieliedjies.

“Elke liedjie op die album moes aan die kenmerkende klank van die Namakwaland voldoen en by ’n groter gehoor aanklank vind, sonder om prys te gee wie ons as kunstenaars is,” sê hy.

“Die grootste uitdaging was om te verseker dat dit uniek bly en nie net tendense navolg nie. Ons moes getrou bly aan ons self, sonder om luisteraars af te skrik.”

Hy beskryf sy nuwe album as eenvoudig, maar treffend.

“Ons moet maak soos die Namakwalanders – hulle leer ons om te dans, om saam te kuier, en om musiek en goeie geselskap te geniet,” verklap hy.

Deon Groot sê Afrikaans is in sy bloed.

“Dis my taal en trots, nes ek voel oor skryf, voel ek, ek kan myself die beste hierin uitdruk en dit wat ek probeer vertel soveel meer krag gee. Ander tale…..nee wat, hulle het hulle eie sangers,” lag hy lekker.

“Die album is sekerlik een van die uniekste in sy soort tans in Afrikaans. Sterk moderne country agtertoon met lirieke wat die hart slaan juis oor dit stories is. Ek sweer is juis nog ’n storie van wat kan gebeur as liefde nie uitwerk en die seer wat die kan skep. Ek was in so posisie eens en om dit te kon vertolk tot mense glo ek dat daar baie mense is wat aanklank gaan vind hierby. En so is die hele album. Elke klank en storie is letterlik gemaak om te geniet of verkillende vlakke maar almal dra ’n storie.”

Mense kan gerus gaan loer op Instragram waar Deon alles eerste plaas en van daar af versprei dit deur na Facebook en Twitter.

“Ek is op elk van my sosiale media platforms as DEON GROOT. Dis die vinnigste en maklikste manier om uit te vind van nuwe vertonings en musiek aangesien ons juis nou landswyd optree en toer.”

“My musiek is beskikbaar by alle Musicas landwyd en so ook op elke aanlyn platform wat insluit JOOX, Apple Music, iTunes, Google Play, Spotify, You Tube music en You Tube self ook. Daars nog baie ander platforms maar hierdie is die beste manier om ons klanke tot julle huis te bring.”

Vir die res van 2019 het Deon Groot ’n hele paar komende vertonings en optredes.

“Ons is by Bosvelder op 21 Junie, 29 Junie by Korkwood, en dan ’n lekker een is waar ons deel maak van die Fame Superhero konsert wat die derde Julie is by Sun Arena, Menlyn Maine,” sluit Deon af.

Kyk na Deon Groot se Wyn musiekvideo:

Deon Groot. Foto: Verskaf
Deon Groot. Foto: Verskaf

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

Related Articles

Back to top button