KOMPETISIE: Wen ‘n opwindende boek oor eksperimente buite jou huis

Met fantastiese foto’s, duidelike stap-vir-stap illustrasies en gedetailleerde instruksies, sal jong slimkoppe sommer uit die staanspoor nie kan wag om weg te spring met die eksperimente nie.

Hierdie prettige boek is propvol feite en ongelooflike buitelug-eksperimente wat ontluikende, jong wetenskaplikes kan help om hul omgewing te verken. Gebruik huishoudelike items en maak ’n watervuurpyl wat in die lug opskiet om jou meer van lugdruk te leer, of blaas reusagtige borrels om te wys hoe oppervlakspanning werk. Maak ’n wurmplasie en kyk hoe wurms in die grond wriemel, of bou ’n vlieër en ontdek die sleutel tot aërodinamika.

Met fantastiese foto’s, duidelike stap-vir-stap illustrasies en gedetailleerde instruksies, sal jong slimkoppe sommer uit die staanspoor nie kan wag om weg te spring met die eksperimente nie. Elke aktiwiteit bevat ’n verduideliking wat die fassinerende wetenskap agter die eksperiment verduidelik, asook voorbeelde uit die regte lewe gee om alledaagse wetenskaplike beginsels in aksie te sien.

Hierdie boek is propvol opwindende projekte wat jong wetenskaplikes en buitelug-entoesiaste sal inspireer en hulle die buitelewe laat verken sodat hulle hul wêreld beter kan leer verstaan. Dit is ’n moet-hê boek vir elke jong wetenskaplike wat nuuskierig is oor die wêreld en is perfek vir skoolprojekte.

Robert Winston is ’n bekende Britse professor, mediese dokter, wetenskaplike, skrywer en die aanbieder van verskeie BBC-televisiereekse oor die wetenskap.

Briljant is by briljante boekhandelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012-401-0700 of besoek hul webblad www.lapa.co.za .

KOMPETISIE:

Staan ’n kans om een van drie Briljant-boeke te wen. Om in te skryf vir die kompetisie, vul die onderstaande vorm in en gebruik die sleutelwoord ‘BRILJANT’.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version