Kom geniet die Hoërskool Eldoraigne Kuierfees op 1 Mei 2019 in die geselskap van Jo Black, Demi Lee, Appel, Touch of Class en Jan Bloukaas.
Die Woensdagoggend skop af met ’n “Be-that-guy braai” saam met Jo Black. Spring vir hierdie ongelooflike geleentheid – kaartjies is beperk.
Die hekke open om 13:00. Daar is hope kosstalletjies en ’n biertuin, waar voor die tyd lekker saamgekuier kan word.
Die voorkonsert van 14:00 – 16:00 is ’n geleentheid waar die talentvolle jeug uit ons omgewing hulle slag op die verhoog gaan wys.
Die hoofkonsert begin om 16:00 en sal ongeveer 21:00 klaar wees.
Moenie die onvergeetlike fees op 1 Mei 2019 in samewerking met NewBlack Productions misloop nie.
KOMPETISIE:
Rekord het twee dubbel kaartjies om weg te gee na die geleentheid. Om in te skryf, vul die onderstaande vorm in en gebruik ‘JO BLACK’ as die sleutelwoord.