KOMPETISIE: Wen kaartjies na Super Sokkie by die Sun Arena

Die gehoor sal heel aand saam sing en dans, terwyl hulle die geleentheid sal kry om hul gunsteling kunstenaar verskeie kere op die verhoog te sien deur die loop van die aand.

Op 18 April bied Time Square en Super Events die uiters gewilde Super Sokkie aan in die Sun Arena.

Dis ’n vier-uur-lange aaneenlopende sokkiedanspartytjie met top Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Theuns Jordaan, Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld, Dirk van der Westhuizen en Suid-Afrika se gunsteling partytjie-duo, Die Campbells.

Elke kunstenaar sal hul grootste treffers sing en dan oorhandig aan die volgende kunstenaar wat sal sorg vir ’n energieke vertoning. Die gehoor sal heelaand saam sing en dans, terwyl hulle die geleentheid sal kry om hul gunsteling kunstenaar verskeie kere op die verhoog te sien deur die loop van die aand.

Die kunstenaars gaan ook “medleys” en duette sing wat slegs by ’n Super Sokkie-vertoning gehoor kan word.

“Ons is ongelooflik opgewonde om Super Sokkie na die Sun Arena toe te bring. Ons doel is ook om ’n nuwe Super Sokkie-wêreldrekord vir die meeste mense wat gelyk sokkie, op te stel. Die huidige rekord is 1108 paartjies (2216 mense) wat opgestel is by die Super Sokkie wat in 2016 by GrandWest plaasgevind het. Met die Sun Arena wat meer mense kan akkommodeer, dink ons dis beslis moontlik om ’n nuwe rekord op die 18de April op te stel.” – Kurt Darren en Tony Campbell die eienaars van Super Events.

Daar sal verskeie verversings te koop wees vanaf verskillende kosstalletjies.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket vanaf R150 per persoon.

Trek jou dansskoene aan en kom dans saam of kom sing net al jou gunsteling treffers saam.

Vyf gelukkige lesers kan elk ’n dubbelkaartjie en ’n Super Sokkie-DVD wen. Besoek een van ons Rekord webwerwe en gebruik die sleutelwoord SOKKIE om in te skryf.

Kompetisie sluit 16 April 2019.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version