KOMPETISIE: Wen kaartjies na Jack Parow konsert by Die Blou Hond

Moenie die geleentheid misloop nie.

Is jy so cooler as Jack Parrow? Kom kyk dan sy show môre-aand by Die Blou Hond Teater in Pretoria.

Kom jam saam met Jack op sy gewildste treffers soos “Hosh Tokolosh”, “Eksie ou” en vele meer. Kaartjies is beskikbaar by die deur teen R180 net vir die vertoning.

Ete-kaartjies vir ’n driegang maaltyd sluit ’n verwelkomingsdrankie, springmielies, buffet-ete, nagereg en koffie en tee in is beskikbaar teen R200 ekstra. Indien jy saameet voor die vertoning moet jy reeds 18:30 daar wees.

Kaartjies is beskikbaar by Die Blou Hond teater en kan bespreek word hier.

Ouderdomsbeperking: Geen kinders onder 16

Datum: April 9, 2019

Prys: Vertoning: R180 | Ete-kaartjies: R200

Tyd 18:30 vir 19:00 om te arriveer

Aandete word bedien om 19:00

Konsert begin 20:00 tot 22:30 – R180

Aandete en konsert vanaf 18:30 tot 22:30 – R380

KOMPETISIE:

Twee gelukkige Rekord-lesers kan elk ’n dubbelkaartjie wen (ete uitgesluit) na die konsert wat om 20:00 begin. Om in te skryf vir die kompetisie, vul die onderstaande vorm in en gebruik ‘JACK PAROW’ as die sleutelwoord.

Related Articles

Back to top button