‘Jy maak dit moeilik’ – Elme

Elme Churr is die nuutste op die Afrikaanse-musiek horison.

Nuweling Afrikaanse-musiek sangeres Elme Churr se nuutste liedjie handel oor die liefde, en oor daardie Sondagaand-gevoel wanneer niks, jou na iets laat verlang.

“Dit gaan oor daardie een persoon wat dit moeilik maak om sonder te wees,” vertel Churr.

“Die storie is kinderlike opgewondenheid, geluk, verlange binne konteks van die liefde in ’n verhouding,” voeg Elme by.

’n Musiekvideo vir die liedjie is ook reeds opgeneem deur Francois Slabbert, maar Elme wil nie te veel verklap daaroor nie.

“Ek kan wel sê dat my man, my beste vriendin en haar man in die video te sien is.”

Hierdié video word binnekort vrygestel.

Elme se nuwe snit gaan die “liefde laat blom”.

Die sangeres Elme Churr se splinternuwe enkelsnit Jy Maak Dit Moeilik is pas uitgereik, en dit is ’n snit wat so na aan haar hart lê.

Dié liedjie is geskryf deur Vaughan en Nerine Gardiner.

Elme en Vaughan het vooraf vergader en gesels oor die rigting van haar volgende paar enkelsnitte asook die album in geheel.

Dit is toe duidelik dat folk/pop die rigting sal wees.

Met groot opgewondenheid het Nerine en Vaughan die projek aangepak.

Vaughan sê dat inspirasie organies ontkiem het uit Nerine se hart en dat hul geïnspireerd was deur die rigting waarop hul besluit het vir die album, sowel as Elme se unieke stem.

Volgens Elme het die liedjie haar gekies, in plaas daarvan dat sy die liedjie gekies het.

“Hierdie lied lê na aan my hart omdat ek in my nabye kringe hierdie liefde kan sien en voel, soos in my eie huwelik en vriende sin.”

Elme sê dat die publiek opgewonde en positief oor die liedjie gaan wees omdat dit ’n vars uitkyk op dit wat werklik saak maak, met ’n energieke interpretasie in ’n vrolike stemming bevat.

“Hierdie lied se lirieke resoneer diep binne in jou hart, maar is ook net lekker musiek om na te luister ongeag die stemming,” vertel sy.

“Ek wil hê elke luisteraar moet net vir ’n oomblik kan ontspan, luister en glimlag.”

Die musiekbedryf het haar geleer om konstant innoverend te wees, maar tog eg in wie sy werklik is.

Oor haar grootste uitdaging vertel sy: “Ek sal sê selftwyfel, veral toe ek my eerste paar liedjies self moes skryf. Ek’t regtig nie geweet waar om te vat en waar om te los nie,” sê sy.

“Dit het my geleer dat dissipline, uithouvermoë en ’n konstante ritme van probeer die ekwivalent is van sukses.”

Elme is tans besig om aan haar nuwe album te werk en hoop om dit vroeg in 2019 vry te stel.

Haar toekomsplanne is om soveel as moontlik mense te bereik met haar musiek en dan sal sy ook graag in die Royal Albert Hall wil optree.

“Die belangrikste vir my is om mense se lewens te verryk en ’n verskil te kan maak,” sluit sy af.

LEES OOK: VIDEO: Pta-sanger spog met populêre enkelsnit

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button