KOMPETISIE: Wen ‘n Stroomop geskenkpak

As jy van die Stroomop fliek gehou het, maak seker jy skryf vir hierdie kompetisie in.

Stroomop is amptelik op Vrouedag, 9 Augustus vrygestel in fliekteaters landswyd.

Hierdie opwindende avontuurverhaal vertel die storie van vyf dames – Lana, Vivian, Adrie, Nixie en Diona – wat elkeen besig is om te ‘verdrink’ in die rowwe waters van die lewe. ’n Sameloop van omstandighede neem hulle saam op ’n avontuur op die Oranjerivier.

Hier gebeur die ondenkbare en hulle boot word omgegooi, die riviergids raak verlore en die vroue bevind hulleself in ’n stryd om oorlewing in die wildernis. Die reis verander hulle lewens ingrypend, soos wat hulle saam deur seer en vrees worstel. Temas waarop die film fokus, is selfontdekking, vergifnis, aanvaarding en genesing.

Die fliek, wat op die Oranjerivier en naby Onseepkans in die Noordkaap, asook rondom Johannesburg verfilm is, word gekomplementeer deur ’n sterk rolverdeling: Donnalee Roberts, Simoné Nortmann, Chanelle de Jager, Ilse Klink, Carla Classen en Armand Aucamp.

Die Stroomop geskenkpak:

KOMPETISIE:

Rekord het ’n indrukwekkende geskenkpak ter viering van Stroomop om weg te gee. Om vir die kompetisie in te skryf, vul die onderstaande inskrywingsvorm in en gebruik ‘STROOMOP GESKENKPAK’ as die sleutelwoord.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button