RESENSIE: Wie gaan in 2019 regeer?

Skrywer Jan-Jan Joubert doen al sedert 2001 verslag uit die parlement. Hier is wat hy in sy nuutste boek te sê het.

Interessante politieke insigte verryk die boek Wie Gaan in 2019 Regeer? wat onlangs verskyn het.

Die gesoute politieke joernalis Jan-Jan Joubert kyk na moontlike scenario’s en neem die leser agter die skerms na waar die geheime politieke smouswerk plaasvind.

In die plaaslike verkiesing van 2016 is die ANC bloedneus geslaan toe hy drie metrorade aan die opposisie moes afstaan.

Gaan die regerende party onder Cyril Ramaphosa kan verenig en in 2019 ’n meerderheid by die stembus behaal?

LEES OOK: Leriba se gesellige Boekejol binnekort hier

Of gaan die DA en die EFF hul groot ideologiese verskille kan oorkom om die ANC uit die kussings te lig?

Sedert Jacob Zuma as president bedank het, het Suid-Afrika se politieke landskap dramaties verander.

Joubert oorweeg al die beskikbare opsies vir politieke partye in die aanloop tot die volgende verkiesing.

Sal die ANC ’n koalisie vorm om in beheer te bly? En wat is die kans dat dié party na die EFF sal draai om meer steun te werf?

Een ding is seker – ooreenkomste sal aangegaan word.

Die uitslae van plaaslike en tusenverkiesings dui vir Joubert daarop dat die volgende verkiesing die eerste in 25 jaar kan wees waarin geen party ’n volstrekte meerderheid behaal nie.

In eksklusiewe onderhoude deel politieke leiers ook hul standpunte oor die belangrikste kwessies wat burgers en partye verdeel – of dalk kan verenig.

LEES OOK: Skryf in vir Boekejol se skryfkompetisie en wen groot!

Oor die skrywer:

Jan-Jan Joubert doen al sedert 2001 verslag uit die Parlement.

Hy was tevore politieke redakteur van Die Burger, Beeld en Rapport en ook adjunk-redakteur: politiek, parlementêre sake en meningstukke vir die Sunday Times.

Joubert is ’n gereelde gas op radio- en televisieprogramme soos Kommentaar, asook Monitor en Spektrum, op RSG, en op kykNET se Verslag in gesprek met Waldimar Pelser.

Hy gee ook gereeld klas in politieke joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch en ander instellings.

LEES OOK: UPDATE: Several streets to be closed for women’s march

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button