KOMPETISIE: VIDEO: Helena Ceronio praat Kraakvars Classics en liefde vir die lewe

Moenie Kraakvars Classics misloop vanjaar nie. Helena Ceronio praat met Rekord om te verduidelik hoekom hierdie jaar se optrede jou voete onder jou sal uitslaan.

Met die tweede jaarlikse Kraakvars Classics net om die draai, gesels ons met Helena Ceronio, ’n uitsonderlike opera-sangeres en deelnemer by vanjaar se geleentheid.

Sy praat met ons oor waar sy begin het, en waarom sy mal is oor aandrokke.

“Ek het opera musiek gaan studeer na skool, dit was immers in my familie, my tannie was ’n opera-sangeres, so ek het lesse by haar geneem,” verduidelik Ceronio.

“Ongelukkig weens die kleinheid van die industrie het ek maar effens voeling verloor met opera-musiek, en beweeg in ’n rigting waar ek met ander genres eksperimenteer het, ek het begin om ligter te sing.”

LEES OOK: KOMPETISIE: VIDEO: Burgerd Botha, ‘n klassieke talent in vanjaar se Kraakvars Classics

Ceronio verduidelik dat mens se stem moet ingeoefen word om opera te sing. Indien jy nie gereeld oefen nie, word jou stem “lui”.

“Mens neem die geleentheid met beide hande aan wanneer jy ’n kans kry om deel te wees van ’n geleentheid soos Kraakvars Classics. Ons kry min die geleentheid om opera te sing, so ek is baie opgewonde vir hierdie tyd wat vir my voorlê.”

Ceronio herstel tans na ’n operasie etlike weke gelede en beskryf die drukking op haar diafragma as een van die grootste uitdagings wanneer sy weer probeer sing.

“Ons is ’n baie lekker groepie mense wat saam optree en dit is ’n voorreg om deel te wees van hierdie projek wat as ’n fondsinsamelings-inisiatief vir die NG Gemeente Jan Niemandpark gehou word,” deel Ceronio.

Ceronio sê dat sy baie opgewonde is oor die sukses van vanjaar se Classics, juis omdat die sangers positiewe terugvoer oor verlede jaar se optrede gekry het.

“Vir my is die doel van hierdie geleentheid nie om te sien hoe groot dit kan word nie, maar eerder om mense aan te raak met ons sang, en die stories wat ons dmv dit wil oordra. Dit gaan nie oor die gewildheid van die sanger nie, dit is só lekker en belonend om te weet daar sit iemand in die gehoor wat jy aangeraak het.”

“As ek weet dat ek iemand op ’n emosionele vlak kon raak, is ek gelukkig.”

Ceronio verduidelik dat sy is op haar heel gemaklikste wanneer sy ’n balrok dra.

LEES OOK: KOMPETISIE: VIDEO: Kraakvars Classics – ‘n moderne meesterstuk vir jonk en oud

“Dit is iets waarna ek ongelooflik baie uitsien. Ek lewe in die verkeerde era, want as ek kon, het ek elke dag ’n pragtige aand- of balrok dra. Ons trek onsself aan, daar is geen stilis betrokke nie, en vir my is dit uiters belangrik om reg aan te trek vir vir lied wat jy gaan sing. Op die ou einde dra jy ’n storie oor. Of dit nou romans is, ’n dramatiese lied of iets hartverskeurend, jy is ’n karakter en mense moet visueel ook kan aanklank vind by wat jy probeer vertel,” sê sy.

Ceronio, saam met haar vyf ander sangers by vanjaar se Kraakvars Classics sien uit om mense van vêr en naby te verwelkom en daag elkeen wat nie opera-musiek ken nie, uit, om uit te vind waarop hul uitmis.

Kraakvars Classics sal in die Choose Life Ouditorium plaasvind op 26 Augustus om 16:00.

Kaartjies is te koop by Ds Danie van Rensburg en hy kan gekontak word op 083-289-1869 of danievr@lantic.net.

Kaartjie beloop R200 – R250.

VIDEO:

KOMPETISIE:

Kry die kans om een van twee dubbelkaartjies te wen om hierdie vertoning by te woon. Om in te skryf vir die kompetisie, vul die onderstaande kompetisie vorm in en gebruik KRAAKVARS CLASSICS as die sleutelwoord.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button