KOMPETISIE: VIDEO: Burgerd Botha, ‘n klassieke talent in vanjaar se Kraakvars Classics

Kraakvars Classic beloof om jou voete onder jou te slaan met vanjaar se talentvolle reeks sangers.

Klassieke musiek gaan ’n ongewone nuwe baadjie in Augustus kry. Pretorianers moet voorberei op ’n ondervinding van operamusiek met ’n unieke en kreatiewe energie wat daarmee gepaard gaan.

Só verduidelik Burgerd Botha, Afrikaanse sanger en superster van Pretoria.

Kraakvars Classics is ’n wonderlike geleentheid om iets nuuts te probeer. Ons musikante hou van uitdagings; wanneer ons die geleentheid kry om operamusiek te sing – en nogal saam met ’n orkes – gryp ons die geleentheid aan,” verduidelik Botha, wat ook sal optree by Kraakvars Classics op 26 Augustus.

Botha is betrokke by Kraakvars Classics van sy bestaansjaar in 2017 en is baie opgewonde om te sien hoe gehore op vanjaar se konsert gaan reageer.

“Ons werk saam met ’n groot groep talentvolle mense; dit is so lekker om ’n jonger en meer moderne gevoel op klassieke musiek te sit sodat mense van alle ouderdomme daarmee kan identifiseer,” sê Botha.

Nadat die eerste vertoning ongelooflike sukses in 2017 by Atterburyteater behaal het, is besluit om ’n groter ouditorium te soek.

Hierdie jaar se Kraakvars Classics sal in die ZK Matthews-saal by die Choose Life-ouditorium plaasvind omdat verlede jaar se kaartjies heeltemal uitverkoop was.

Die orkes staan bekend as die Capital Philharmonic Orchestra en staan onder leiding van ’n jong dirigent, Schalk van der Merwe.

Vera Marie Meyer, Helena Ceronio, Charlotte Killian, André Schwartz en Henry van Dyk is saam met Botha vanjaar deel van die vertoning, wat beloof om jou voete onder jou uit te slaan.

Kaartjies is te koop by Ds Danie van Rensburg en hy kan gekontak word op 083-289-1869 of danievr@lantic.net.

Kaartjie beloop R200 – R250.

Video:

https://youtu.be/-6OLSOhHmJE

KOMPETISIE:

Kry die kans om een van twee dubbelkaartjies te wen om hierdie vertoning by te woon. Om in te skryf vir die kompetisie, vul die onderstaande kompetisievorm in en gebruik KRAAKVARS CLASSICS as die sleutelwoord.

 

Exit mobile version