Innibos se rap ‘n rol kompetisie lok vele

The Grove Mall was vol opwinding Saterdag met Innibos se rap 'n rol kompetisie in die middel.

Die Innibos kletsrym-liedjie ‘Dis hoe ons Rol’ het onlangs reeds soos ’n veldbrand op sosiale media versprei.

Indien jy sou belanggestel om die volgende internet-sensasie te wees, het jy dalk nou kompetisie.

Op Saterdag 9 Junie het Innibos ’n pop-up ateljee in The Grove Mall gehad waar mense van vêr en naby met hul kletsrym talente kon spog. Dit vorm alles deel van die nuutste kompetisie deur Innibos, waar jy die bekende rap ’n rol liedjie kon sing of net koel passies maak op die klankbaan.

Dié wat nie die pop-up ateljee kon haal nie, kan nog steeds inskryf.

Op die Innibos webtuiste (www.innibos.co.za) kan jy onder die WEN skakel, of op die RAP ’n ROL-prentjie op die kantpaneel na die video kyk en ook die klankbaan aflaai, met óf sonder woorde. Neem jouself of jou groupie vriende af op jou foon en stuur die video dan na Innibos se kompetisielyn op 082-954-4819 oor Whatsapp.

Die kompetisie sluit op 24 Junie. Wenners sal op 25 Junie aangekondig word.

Kopers en besoekers aan The Grove Mall was betower deur die talent op die verhoog, met talle wat eenvoudig hul inkopies gestaak het om die opgewondenheid en talent van die kletsrym te waardeer.

Die beoordelaars sal die oulikste videos wat by die ateljee afgeneem is, asook dié wat deur die kompetisielyn ingestuur is, deurgaans op die spesiale Innibos YouTube-kanaal laai sodat elkeen dit kan begin deel en mense aan die praat kan kry.

Indien jy nog wonder of jy kan inskryf, sal jy nie teleurgesteld wees nie, onthou, jy kan meer as een keer inskryf.

Zuan Reiter en Nkosinathi Jafta. Foto: David Matsena
Fonepet Tivafire, Willingness Marufu en Veronica Tshabangu. Foto: David Matsena

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button