KOMPETISIE: Wen kaartjies om Amanda Strydom by Atterburyteater te sien

Moenie hierdie vertoning misloop nie.

“Amanda Strydom – Stadig oor die klippers” het by vanjaar se KKNK die buiging gemaak voor vol sale en entoesiastiese gehore.

Die vertoning bedink die liefde, die lewe, die menslike kondisie, die dood, die blou planeet, die mens in nood, die uitgeworpenes en die “freaks”.

Kortom, Strydom dek ’n wye spektrum emosies – van die skreeusnaakse tot die tragiese, oor berge en deur dale en stadig oor die klippers.

Die musiek sluit in van haar eie liedjies, asook musiek juwele van Johannes Kerkorrel, Sting, Edith Piaf en Marlene Dietrich.

Coenraad Rall is musikale regisseur, verwerker en pianis.

Datum: Sondag, 3 Junie

Plek: Atterburyteater, Lynnwood Manor, Pretoria

Tyd: 19:00

KOMPETISIE:

Staan ’n kans om een dubbelkaartjie te wen na hierdie vertoning. Om in te skryf, vul die onderstaande kompetisievorm in en en gebruik “AMANDA” as sleutelwoord.

 

Exit mobile version