KOMPETISIE: Wen kaartjies om Jannie Moolman en Kevin Leo by Atterburyteater te sien

Moenie op hierdie geleentheid uitmis nie.

Na jare in die musiekbedryf, het die internasionaal bekroonde tenore Jannie Moolman en Kevin Leo besluit om kragte saam te snoer in Duet.

In dié produksie deel die manne met hulle majesteuse, magiese tenoorstemme ’n uiteenlopende repertoire van al hul persoonlike gunstelinge.

Die gehoor kan uitsien na die immergewilde “Fly me to the moon”; “Liefling”; “Funiculi Funicula” en vele ander.

Tydens hierdie sentimentele reis deel Jannie en Kevin hul liefde en passie vir musiek met hul mede-musiekliefhebbers.

Die opvoering in die Atterburyteater is die amptelike premiére van Duet in Suid-Afrika.

Die twee tenore het reeds in Botswana opgetree en optredes in Dubai is bespreek.

Inligting van die optrede:

Datum: 15 April 2018

Plek: Atterburyteater

Tyd: 17:00

Kaartjies: Computicket

KOMPETISIE:

Staan ’n kans om twee dubbelkaartjies te wen na hierdie vertoning. Om in te skryf, vul die onderstaande inskrywingsvorm in en gebruik ‘JANNIE EN KEVIN’ as die sleutelwoord.

 

 

Exit mobile version