KOMPETISIE: Wen die nuwe Mieke en die Meerminne kinderboekreeks

Kry jou klein dogtertjie geinteresseerd in lees met hierdie opwindende reeks van Mieke en haar avonture.

Mieke se eerste avontuur onder die see.

Mieke is mal oor meerminne.

Haar ma en haar ouma dink hulle bestaan net in sprokies.

Maar Mieke is oortuig hulle bestaan regtig.

Een oggend toe Mieke saam met haar oupa op sy vissersboot uitgaan, ontdek sy iets wat haar hele lewe verander.

’n Regte, egte meermin wat in haar oupa se visnet verstrengel is!

Mieke help die meermin, en kort voor lank kry sy die geleentheid om by haar in ’n magiese koninkryk onder die see te gaan kuier.

Daar vind sy allerhande fantastiese geheime oor die meermense uit.

En dit is die begin van ’n betowerende avontuur onder die see!

In hierdie reeks bekoorlike stories maak die leser kennis met Mieke en haar meerminvriende – en saam beleef hulle allerlei opwindende onderwater-avonture.

Titels in die reeks:

1. Mieke en die meerminne: Geheime onder die see

2. Mieke en die meerminne: Die koningin se konsert

3. Mieke en die meerminne: Avonture in die dieptes

KOMPETISIE:

Staan ’n kans om een reeks van Mieke en die Meerminne-boeke te wen. Om vir die kompetisie in te skryf, vul die onderstaande vorm in en gebruik ‘MIEKE’ as die sleutelwoord.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version