KOMPETISIE: Wen kaartjies na ‘n Jannie Moolman en Kevin Leo konsert

Moet nie hierdie geleentheid misloop nie.

Na jare in die musiekbedryf, het die twee internasionaal bekroonde tenore, Jannie Moolman en Kevin Leo besluit om kragte saam te snoer in duet.

Tydens hierdie produksie deel die manne met hulle majesteuse, magiese tenoorstemme, ‘n uiteenlopende repertoire van al  hulle persoonlike gunstelinge. Die gehoor kan uitsien na die immergewilde Fly me to the moon; Liefling; Funiculi Funicula  en vele ander.

Tydens hierdie sentimentele reis deel Jannie en Kevin hulle liefde en passie vir musiek met hulle mede-musiekliefhebbers. Alhoewel hulle reeds in Botswana opgetree het, en optredes in Dubai reeds bespreek is,  is die optrede in die Atterburyteater die opening van DUET  in Suid Afrika.

  • Datum: 11 Februarie 2018
  • Plek: Atterbury Teater
  • Tyd: 17:00
  • Kaartjies: Computicket

KOMPETISIE:

Staan ‘n kans om een van twee dubbel kaartjies vir hierdie vertoning te wen. Om in te skryf, vul die onderstaande vorm in en gebruik ‘JANNIE EN KEVIN’ as die sleutelwoord.

Related Articles

Back to top button