KOMPETISIE: Wen ‘n handjie vol kinderboeke vir die jongspan by die huis

Moenie hierdie geleentheid misloop nie!

Die opwindende Desembervakansie lê voor, en as jy nie weet hoe om jou klein rakkers besig te hou nie, hoekom skryf jy nie maar vir hierdie kompetisie in nie?

Rekord het ’n lang reeks kinderleesstof om weg te gee, hierdie is jou kans om jou kleintjies se breinkrag te bevorder met interessante leesmateriaal, eerder as om hulle voor die televisie te laat vrot.

Die titels lyk soos volg:

Die dapper muis

R80

Die dapper muis spog dat hy bang is vir niks! Maar wat van ’n kat … en ’n uil … en ’n valletjie? Hierdie prettige prenteboek is gebaseer op een van die bekendste en mees geliefde Afrikaanse kinderliedjies Die dapper muis.

My eerste 100 woorde

R120

Leer speel-speel woordeskat!

Hierdie stewige kartonboek dek al die bekende dinge waarin kleingoed belang stel, van my liggaam en my kos, tot diere, rygoed en slapenstyd. Kristalhelder foto’s wys die wonder van die regte wêreld, terwyl prettige illustrasies eenvoudige stories vertel wat leer aanmoedig, van pikkewyne wat in die sneeu en ys speel, tot ’n muis wat by ’n leer opklim om so hoog soos ’n baie lang kameelperd te wees!

Woord-etikette moedig wys-, benoeming- en praatvaardighede aan, terwyl dit woordeskat en taal ontwikkel. My eerste 100 woorde is ontwerp om in te lig en te vermaak, en is die begin van jou baba se leer-avontuur – die wêreld is ongelooflik, beeldskoon, interessant en prettig!

Met 100 prente met byskrifte is hierdie prettige wys-en-sê-boek propvol dinge om oor te gesels, te leer en te glimlag.

My eerste 100 woorde is saam met ’n voorste opvoedkundige konsultant ontwikkel om te verseker dat:

– Die benoeming van prente taal ontwikkel en woordeskat bou.

– Die tematiese blaaie kennis van die wêreld ontwikkel.

– Duidelike byskrifte vroeë leesgereedheid bevorder.

KOMPETISIE:

Twee lesers staan ’n kans om elk een van hierdie titels te wen. Om in te skryf vir die kompetisie, vul die inskrywingsvorm in en gebruik die sleutelwoord ‘KINDERBOEKE5’.

Related Articles

Back to top button