KOMPETISIE: Wen leersame leesstof vir jou kinders

Skryf in vir die kompetisie as jy jou kleintjies wil bederf.

Die opwindende Desembervakansie lê voor, en as jy nie weet hoe om jou klein rakkers besig te hou nie, hoekom skryf jy nie maar vir hierdie kompetisie in nie?

Rekord het ’n lang reeks kinderleesstof om weg te gee, hierdie is jou kans om jou kleintjies se breinkrag te bevorder met interessante leesmateriaal, eerder as om hulle voor die televisie te laat vrot.

Die titels lyk soos volg:

Ek lees self-reeks

’n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy vir jou kind kan gee! Hierdie reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Vind uit wat gebeur as Rooi Hen op ’n dag besluit om brood te bak, stap saam met die drie Rammetjies Rof oor die nare ou trol se brug, en ontmoet ’n padda wat op ’n dag baie, baie kwaad geword het… Die Ek lees self-reeks bestaan uit pragtig geïllustreerde boeke, elkeen met ’n prettige dierestorie wat in eenvoudige taal oorvertel word sodat beginnerlesers dit maklik kan baasraak. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.

Ek lees self: Rooi hen bak brood

Ek lees self: Die drie rammetjies rof

Ek lees self: Padda word kwaad

Ek lees self: Muis red leeu se lewe

Ek lees self: Die gans wat goue eiers kon lê

Ek lees self: Sprinkaan leer werk

Ek lees self: Gans wat goue eiers lê

Wendy Maartens

Illustreerder: Zinelda McDonald

Elke boekie kos R50.00

KOMPETISIE:

Twee lesers staan ’n kans om elk een van hierdie titels te wen. Om in te skryf vir die kompetisie, vul die inskrywingsvorm in en gebruik die sleutelwoord ‘KINDERBOEKE4’.

Related Articles

Back to top button