KOMPETISIE: Wen lekker leesstof vir die jongklomp

Wen 'n paar oulike titels vir jou kleintjies die vakansie.

Die opwindende Desembervakansie lê voor, en as jy nie weet hoe om jou klein rakkers besig te hou nie, hoekom skryf jy nie maar vir hierdie kompetisie in nie?

Rekord het ‘n lang reeks kinderleesstof om weg te gee, hierdie is jou kans om jou kleintjies se breinkrag te bevorder met interessante leesmateriaal, eerder as om hulle voor die televisie te laat vrot.

Die titels lyk soos volg:

Stalmaats 19: Pretrit

deur Lize Roux

R100.00

Die skoolvakansie is om die draai. Anri is baie opgewonde toe sy hoor haar beste vriendin van haar vorige ryskool kom kuier. Nadine is ook lief vir perdry – en Anri kan nie wag om haar aan Megan en Karen voor te stel nie.

Hulle gaan die vakansie hope pret by die ryskool hê, met ekstra rylesse en ’n spesiale Paaseier-soektog vir die Peace Shelter se kinders! Maar dit lyk of Nadine ander planne het, en Anri se vriende by die ryskool is nie so beïndruk daarmee nie … Dit is boek nommer 19 in hierdie baie gewilde perdereeks, wat handel oor Anri en haar maats se avonture by die Dagbreek-ryskool.

Stalmaats 20: Perdediewe

deur Lize Roux

R100.00

Anri kan nie wag nie vir die langnaweek wat voorlê nie! Sy en haar gesin gaan lekker in die Kaap kuier. Hulle gaan met die kabelkar tot op Tafelberg ry, die akwarium besoek en hope pret hê. Boonop stem haar ouers in dat Jacques mag saamkom. Dit beteken hy kan self gaan kyk hoe dit met sy perd, Thunder, en haar vulletjie, Storm, gaan. Maar dan loop die ryskool waar die twee perde bly, onverwags onder gewetenlose skurke deur – en kort voor lank is Anri-hulle in groot gevaar. Dit is boek nommer 20 in hierdie baie gewilde perdereeks, wat handel oor Anri en haar maats se avonture by die Dagbreek-ryskool.

Z is vir Zackie 7: Die Woeste Toertjie

deur Jaco Jacobs

Illustreerder: Alex van Houwelingen

R85.00

Zackie en Vincent is baie opgewonde! Hulle gaan aan ’n fotokompetisie deelneem. Vincent het sy pa se kamera geleen. Hulle moet ’n mooi foto neem. Die beste foto’s kan groot pryse wen! Om ’n goeie foto te neem is glad nie so maklik as wat dit lyk nie en Zackie besluit om sy skaatsplank te gaan haal vir die beste aksiefoto ooit! Maar Anton, die boelie, het ander planne …

Z is vir Zackie 8: Die Slymerige Slakke

deur Jaco Jacobs

Illustreerder: Alex van Houwelingen

R85.00

Mevrou Langenhoven se tuin is vol slakke. Groot, slymerige slakke! Zackie en Vincent besluit om te help. Hulle gaan die slakke vang. Dit is groot pret! Boonop kry hulle ’n beloning. Mevrou Langenhoven bak vir hulle lekker koekies! Maar Anton, die boelie, wil al die koekies eet …

KOMPETISIE:

Twee lesers staan ’n kans om elk een van hierdie titels te wen. Om in te skryf vir die kompetisie, vul die inskrywingsvorm in en gebruik die sleutelwoord ‘KINDERBOEKE7’.

 

Related Articles

Back to top button