KOMPETISIE: Wen die lekkerste handwerkboeke vir ontspanning

Lekker leestof vir ma of ouma.

Die opwindende Desembervakansie lê voor, en as jy nie weet hoe om behoorlik te ontspan nie, hoekom skryf jy nie maar vir hierdie kompetisie in nie?

Rekord het ‘n lang reeks leestof om weg te gee, hierdie is jou kans om behoorlik met ‘n lekker leesboek op die stoep of strand te ontspan.

Die titels lyk soos volg:

Upcycling: Palette

Jason Kobrowisky

R210

Hierdie praktiese boek bied 33 selfdoenpaletprojekte waartydens die nederige palet omskep word in goedkoop, praktiese en ekovriendelike meubels, dekor, speelgoed, tuinprodukte en geskenkitems. Ons gebruik kreatiewe herwinning van afvalmateriaal of onbruikbare, ongewensde items, om nuwe produkte van waarde te skep. Die boek is in volkleur met maklike stap-vir-stap-foto’s.

Die moeilikheidsgraad van die produkte wissel, so die boek is ideaal vir beginners én selfdoen-entoesiaste met meer gevorderde vaardighede. Van die projekte sluit in: ’n wynrak, hangrak vir tuingereedskap, koffietafel, leunstoel, trousseaukis, boekrak, groenterakkie, fotoraam, planthouers, ’n speelgoedkombuis, -trollie, en -huisie. Jong entrepreneurs kan van die produkte vervaardig en verkoop vir ekstra sakgeld. Jason Kobrowisky is ’n gesoute meubelontwerper en skrynwerker met sy eie meubelfabriek in Johannesburg. Hout, en veral die herwinning van hout, lê hom na aan die hart, vandaar sy liefde om iets moois en nuuts uit afvalhout te skep.

Dagboek sonder grense

R280

Dagboek sonder grense is ’n jaarbeplanner propvol inspirerende projekte. Dié pragtige hardebandpublikasie bevat ’n bladsy vir elke dag van die jaar en word nie aan ’n spesifieke jaar gekoppel nie. Elke dagblad bevat plek vir afsprake, notas, inkopielyste en ’n aanhaling deur een van LAPA se skrywers. Op verskillende plekke in die boek is volkleurafdelings. Dit pas baie mooi in ’n handsak en sal ’n baie oulike Kersgeskenk maak. ’n Keur uit LAPA Uitgewers se stal word in die boek ingesluit. Daar is iets vir almal: van hekel en brei, tot kosmaak en upcycling, doodle en woordspeletjies.

50 Blaaskansblokraaie

R70

Dugeot, Penpret en Xword verskaf al vir jare woordpret aan populêre gesinstydskrifte soos Taalgenoot, rooi rose en Vrouekeur. Nou bundel LAPA hulle werk saam om taalliefhebbers te vermaak, want elkeen van die verskaffers het ’n unieke stempel en só verseker die uitgewers dat woordvrate bladsy vir bladsy uitgedaag word. Elke bundel bestaan uit 50 woordraaisels wat taalliefhebbers sal uitdaag, laat kopkrap en hulle tone sal laat krul van lekkerkry. Die eerste nege bundels is reeds bekendgestel en nog een 50 Blaaskansblokraaie. Die blokraaie word verskaf in ’n maklik-hanteerbare A4-formaat, gekrambind met ’n sagtebandomslag om vashou, skryf en uitvee te vergemaklik. Teen R75 per kopie is die boeke met hul 50 blokraaie ook uiters bekostigbaar. Die oplossings word agter in die boek gepubliseer.

50 Blaaskansblokraaie bied aan woordraaiselliefhebbers die geleentheid om hul skoene uit te skop, ’n koppie koffie te maak, ’n potlood op te tel en hul gunstelingtydverdryf te beoefen. In vandag se gejaagde samelewing is ’n blaaskans ’n noodsaaklikheid wat baie vir die produktiwiteit en die gesondheid beteken.

Kompetisie:

Twee lesers staan ‘n kans om elk een van hierdie titels te wen. Om in te skryf vir die kompetisie, vul die inskrywingsvorm op Rekord se webwerf in en gebruik die sleutelwoord ‘HANDWERKBOEKE’.

 

Related Articles

Back to top button