KOMPETISIE: Wen ‘n seleksie romantiese verhale vir jou rustige vakansie

Skryf nou in en jy wen dalk ’n lekker liefdesverhaal.

Is jy ’n “sucker” vir sappige liefdesverhale hierdie feesseisoen?

Skryf dadelik in vir hierdie kompetisie sodat jy ’n kans kan staan om groot te wen by Rekord.

Wat kan nou lekkerder wees om by die strand te rus hierdie vakansie, en van die tyd gebruik te maak om op te vang op indrukwekkende leesstof?

So lyk die titels:

Robyn se ongetemde man

deur Dina Botha

R210.00

Robyn is ’n ontwerper. Sy is goed. Sy maak geld. Robyn is mooi. Philip wil haar hê. Sy pa is stinkryk. Is sy op hom verlief? Sy dink nie so nie. Maar ’n verbintenis tussen hulle sal die ideale sake-transaksie vir hul families se sakeryke wees. Dan stap Connor met sy verbleikte jeans by haar kantoordeur in. Hy wil hê sy moet ’n ontmoeting met haar pa vir hom reël, en saam met hom gaan eet ook. Eers toe Robyn nie daarin kan slaag om Connor by haar pa uit te bring nie, besef sy dat haar pa al die jare ’n geheim in hom dra, iets wat reëlreg bots met die etiek wat hy by Robyn en haar susters ingeprent het. Die gevoelens wat Robyn vir Connor begin ontwikkel het, is gewoon ’n onmoontlikheid, want hy blyk haar pa se aartsvyand te wees en sy wil ook nie haar pa geruïneer sien nie. Toe gebeur die ondenkbare en haar lewe verander in ’n oogwink in die soort bestaan wat sy haar nooit eens sou kon voorstel nie.

Hart van ’n man

deur Madelein Stoltz

R85.00

Kiara weet feëverhale bestaan nie. Dít het sy aan vadersknie geleer. Daarom vermy sy mans soos die huislike Liam wat “vir altyd” beloof. Haar hart stem egter nie saam nie, want Liam maak vreemde verlangens in haar wakker. Is hy die een waarna sy onbewustelik soek?

Held in ’n voorskoot

deur Madelie Human

R85.00

Ron, die omroeper van die klassieke musiek radiostasie se stem, is soos musiek vir Kate se ore. Wanneer sy hom in lewende lywe ontmoet, besef sy dat dit nie net sy stem is wat haar bekoor nie.

Reënmaker

deur Wilreza Smit-Theron

R85.00

In die hartjie van die Kgalagadi loop Kira hom raak – Melt, die meteoroloog met die goue hare en oë soos ’n leeu. Sal hierdie ‘reënmaker’ die droogte van haar hart kan opklaar?

Tussen seisoene

deur Karen de Villiers

R85.00

Die koms van die streekhoof, Rheeder, lewer net probleme vir Lente op. Vanaf die eerste oomblik sit hulle vas en hy het ’n probleem met alles wat sy doen. Is hy bloot moedswillig en lastig, of is daar ’n dieper rede vir sy optrede?

KOMPETISIE:

Twee lesers staan ’n kans om elk een van hierdie titels te wen. Om in te skryf vir die kompetisie, vul die inskrywingsvorm in en gebruik die sleutelwoord ‘LIEFDESBOEKE6’.

 

Exit mobile version