Terreur in Kaboel

Wanneer jou hele lewe in duie stort is daar net een pad vorentoe... saam met God. Hannelie Groenewald vertel oor die verlies van haar gesin in 'n terreuraanval.

Geroepe om te gaan werk in Afghanistan trek die Groenewalds uit Pretoria na Kaboel toe. Elf jaar later word Werner, Jean-Pierre en Rodé in ’n wrede terreuraanval vermoor. Hannelie bly alleen agter. Hoe gebeur so iets met mense wat in gehoorsaamheid geleef het, oortuig van God se beskerming? Hannelie Groenewald se openhartige verhaal is ’n merkwaardige getuienis van ’n lewe in geloof, van God se liefde, genade en die krag van vergifnis. Sy wys dat enigeen kan opstaan uit die as. Terreur in Kaboel is beskikbaar by uitgesoekte boekwinkels teen sowat R195, Lux Verbi.

Meer oor die skrywer:

Hannelie het haar MBChB-graad aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Sedertdien werk sy in die privaatpraktyk. Sy en Werner is in 1990 getroud. Twee kinders is uit hulle huwelik gebore: Jean-Pierre en Rodé. Ten tyde van die aanval op hulle was die kinders onderskeidelik 17 en 15 jaar oud. Werner en Hannelie was 24 jaar getroud. Hulle was meer as 11 jaar in Kaboel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button