KOMPETISIE: Wen kaartjies na Lollos 9 – mallemeule

Maak jou kind die gelukkigste kleinding op aarde en skryf in vir hierdie kompetisie.

Oudergewoonte is die vertoning propvol energieke liedjies en snaakse grappies en die gehoor kan verwag om saam op bekende Lollos-liedjies te dans asook om saam opgewonde te raak oor vars nuwe treffers soos Voer die Varkie Vet, Woep-Wap en Lalalollie.

Willa die Gorilla het vir Lollos en Lettie genooi vir ete, maar hy háát dit as iemand laat is. Willa is die baas van Aapstert Bos, ’n wonderlike pretpark met ’n Tuimeltrein en ’n Wolkie Wiel en alles wat lekker is.

Lollos, Lettie, Disco en Karla spandeer die hele dag in die park en geniet die speletjies en pretritte terdeë terwyl hulle nuwe liedjies sing – maar sal hulle onthou om betyds vir hul afspraak te wees?

Lollos, Lettie, Disco en Karla sien vreeslik uit dat hul maatjies van die Moot en Faerie Glen vir hulle kom hello sê.

“Ons kan nie wag om die maatjies te vertel van die keer tot ons by Willa die Gorilla se Pretpark gaan speel het nie. Ons het op Foempie se Witte-Wolkie Wiel gery en Lallalollies in die lekkergoedtuin gepluk,” sê Lollos en Lettie wat se vlerkies sommer van opgewondenheid bewe.

Lettie sê dit sal “finominominominaal” wees as die maatjies saam met haar soos gorillas kan dans.

“Ons kan nie wag om te sien hoe hulle hul heupies swaai nie.”

Die vertonings lyk soos volg:

– Vrydag, 3 November om 18:00 by die NG Kerk Faerie Glen

– Sondag, 5 November om 14:00 by die NG Kerk Mootvallei

Elke kind sal ook ’n gratis Footys-produk voorbeeld ontvang. Footys is ’n gesonde koeldrank alternatief vir kinders – dit is hoog in vitamine, suikervry, aspartaamvry, ADHD- en diabetes-vriendelik, laag in kalorieë en bevat geen preserveermiddels nie.

Navrae: admin@kindervermaak.co.za of skakel 082-868-3056 of 082-410-7682.

Kyk video:

KOMPETISIE:

Staan ’n kans om twee dubbelkaartjies na elke vertoning te wen, asook ’n CD. Om vir die kompetisie in te skryf, vul die inskrywingsvorm hieronder in en gebruik die woord ‘LOLLOS’ as die sleutelwoord.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button