Boeremark so reg in Noord-gemeenskap se kraal

Wollies-diereprojek baat by die Noord-boeremark wat op 4 November, by die Hillside-gholfklub, sal open.

Vars groente en tuisgebak is van die vele heerlike produkte om van te kies by die nuwe Noord-boeremark.

Dié boeremark word amptelik op 4 November by die Hillside-gholfklub in Pretoria-Noord geopen.

Organiseerders Moira en Terry Verwey sê nie net sal die boermark ’n geleentheid skep vir plaaslike entrepreneurs om produkte en goedere uit te stal nie, maar ’n plaaslike diereskuiling sal ook hierby baat.

LEES OOK: Pretoria Boeremark gains popularity

“As diereliefhebers het ons dit goed gedink om aan Wollies-dierprojek te skenk,” sê Terry.

“’n Kwart van die ingangsfooie sal aan Wollies uitbetaal word om ook dié diereskuiling te ondersteun.”

Moira sê die mark sal vroeg om 6:30 open vir al die vroeë opstaners om die varste groente, vrugte asook vleis en melk vanaf die verskaffers te kry.

“Talle pret aktiwiteite sal ook jonk en oud vermaak,” sê Moira.

“Daar is ’n vang-en-losdammetjie vir die manne en vroue wat hul vernuf met ’n visstok wil wys, asook staproetes vir diegene wat belangstel.”

Talle kosstalletjies sal beskikbaar wees asook allerlei interessanthede en handgemaakte items.

Moira sê die mark sal vir eers ’n maandelikse instelling wees.

“Op navraag, kan ons dalk die mark meer gereeld hou, maar vir nou sal ons dit hou by die eerste Saterdag van elke maand.”

Terry sê belangstellendes kan die Facebookblad: “Noord Boeremark” volg vir meer inligting.

“Dankie aan ons administrateur, Lesley van der Merwe, vir al haar moeite en hulp met die reëlings.”

Moira sê: “Ons nooi graag almal uit om die eerste Noord-boeremark te kom ondersteun.”

 

LEES OOK: Nuwe tuiste vir Wally Hayward marathon

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

Related Articles

Back to top button