Boeke wat die liefde aanwakker

Opsoek na 'n lekker liefdesromanza? Ons het net die titels vir jou.

Robyn se ongetemde man deur Dina Botha

Robyn is ’n ontwerper. Sy is goed. Sy maak geld.

Robyn is mooi. Philip wil haar hê. Sy pa is stinkryk. Is sy op hom verlief? Sy dink nie so nie. Maar ’n verbintenis tussen hulle sal die ideale saketransaksie vir hul families se sakeryke wees.

Dan stap Connor met sy verbleikte jeans by haar kantoordeur in. Hy wil hê sy moet ’n ontmoeting met haar pa vir hom reël, en saam met hom gaan eet ook.

Eers toe Robyn nie daarin kan slaag om Connor by haar pa uit te bring nie, besef sy dat haar pa al die jare ’n geheim in hom dra, iets wat reëlreg bots met die etiek wat hy by Robyn en haar susters ingeprent het.

Die gevoelens wat Robyn vir Connor begin ontwikkel het, is gewoon ’n onmoontlikheid, want hy blyk haar pa se aartsvyand te wees en sy wil ook nie haar pa geruïneer sien nie.

LEES OOK: Carltonbeker draaiboek hou by boeiende spanningslyn

Toe gebeur die ondenkbare en haar lewe verander in ’n oogwink in die soort bestaan wat sy haar nooit eens sou kon voorstel nie.

Details: R210, Lapa Uitgewers.

Hart van ’n man deur Madelein Stoltz

Kiara weet feëverhale bestaan nie. Dít het sy aan vadersknie geleer.

Daarom vermy sy mans soos die huislike Liam wat “vir altyd” beloof.

Haar hart stem egter nie saam nie, want Liam maak vreemde verlangens in haar wakker. Is hy die een waarna sy onbewustelik soek?

Details: R85, Lapa Uitgewers.

Held in ’n voorskoot deur Madelie Human

Ron, die omroeper van die klassieke musiekradiostasie se stem, is soos musiek vir Kate se ore. Wanneer sy hom in lewende lywe ontmoet, besef sy dat dit nie net sy stem is wat haar bekoor nie.

Details: R85, Lapa Uitgewers.

LEES OOK: OPVOLG: Gretha Wiid praat oor kontroversiële stelling in boek

Reënmaker deur Wilreza Smit-Theron

In die hartjie van die Kgalagadi loop Kira hom raak – Melt, die meteoroloog met die goue hare en oë soos ’n leeu. Sal hierdie ‘reënmaker’ die droogte van haar hart kan opklaar?

Details: R85, Lapa Uitgewers.

Tussen seisoene deur Karen de Villiers

Die koms van die streekhoof, Rheeder, lewer net probleme vir Lente op.

Vanaf die eerste oomblik sit hulle vas en hy het ’n probleem met alles wat sy doen.

Is hy bloot moedswillig en lastig, of is daar ’n dieper rede vir sy optrede?

Details; R85, Lapa Uitgewers.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

Related Articles

Back to top button