“Houtkruis” weer na dekade terug in Pta

Die vertoning speel in 1522 af op die Duitse platteland.

Die vertoning Houtkruis is volgende maand na ’n dekade weer terug op die verhoog in die ooste van Pretoria.

Hierdie eg Suid-Afrikaanse musiekblyspel is terug vir slegs vier vertonings.

Skrywer en regisseur Renier Keyser sê akteurs soos Jannie Moolman, Marno van der Merwe, Rouel Beukes en Zita Pretorius sal die rolle van verskeie karakters vertolk.

Hy sê die vertoning is ter viering van die 500ste herdenking van die Reformasie.

“Die vertoning word weer geïnspireer deur ou gospeltreffers soos Die Via Dolorosa, Hierdie Kind, Eli Lama Sabagtani, Koos du Plessis se Gebed, en natuurlik die alombekende Houtkruis,” vertel Keyser.

LEES OOK: Ek kry steeds vlinders in my maag voor optredes

Hy sê tydens die skryf van die vertoning, was hy geïnspireer deur die historiese gebeure tydens die Reformasie, die tydperk waarin “Houtkruis” afspeel.

Die vertoning speel in 1522 af op die Duitse platteland.

“Tussen gewelddadige oproerings stel ’n jong monnik sy lewe in gevaar wanneer hy verkondig dat hy Martin Luther glo,” vertel Keyser.

“Genade – eerder as die rituele van die Katolieke Kerk – maak die mens waarlik vry!”

LEES OOK: Opvoering laat gehoor skaterlag

Hy sê terselfdertyd verweef twee passievolle liefdesverhale hul pad deur verraad en vergifnis, om nuwe betekenis te gee aan liefde, ’n nuwe diepte aan geloof.

Keyser is deel van Add-Life Productions wat bekend is vir hul keurige oorspronklike Afrikaanse teaterproduksies en karaktergedrewe stories soos “Ester”, “Dawid” en “Droomkind”.

“Houtkruis” wys vanaf 3 tot 4 November in die Choose Life Kerk (die ou NG Moreleta-gemeente).

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

Exit mobile version