Moot-inwoner beklemtoon liefde vir bome deur kuns

Haar eerste kunsuitstalling in Pretoria begin eerskomende Vrydag by die Brooklyn-teater.

’n Moot-inwoner sal eerskomende Vrydag haar eerste kunsuitstalling in Pretoria by die Brooklyn-teater in die ooste begin.

Jenny Boon van Waverley vertel van haar groot voorliefde vir bome.

“Bome fassineer my, elkeen het sy eie karakter en baie bome het al geleef voordat ons bestaan het,” sê Boon.

Sy sê haar skilderye gaan oor die sintuiglike ervaring van bome.

“Die meeste bome wat ek skilder, verf ek allereers in die die veld om só die boom in al sy fasette te kan ervaar.”

“Later word dit in die ateljee voltooi en ook ander groot skilderye van die bome gemaak.”

LEES OOK: Mes-kunstenaar mik vir gilde

Haar liefde vir gedigte vorm ’n dankbare inspirasiebron.

Boon sê bome word gereeld as ’n metafoor vir verskeie aspekte van die lewe in die digkuns gebruik.

“Veral in die Afrikaanse letterkunde is daar baie gedigte oor ons inheemse bome te vinde.”

“Van die ouer digters soos Louis Leipoldt, T.T. Cloete, Hennie Aucamp tot die bundel In die skadu van soveel bome waarmee Hennie Nortje in 2013 die Eugène Marais-prys gewen het.”

Boon sê deur die gedigte saam met die bome uit te stal, onstaan daar ’n samespreking tussen gedig en skildery.

Sy sê die titel van die uitstalling is ’n aanhaling uit die Bybelboek Jesaja, waar geprofeteer word aan die volk, Israel, terwyl hulle in ballingskap is.

LEES OOK: Konseptuele kunstenaar bied stof tot nadenke by fees

“Dit was ’n hopelose tyd, maar Jesaja praat van uitredding en beskryf die ekstatiese vreugde wat daarmee saam gaan in die pragtige beeld van berge wat jubel en bome wat hande klap.”

Boon is in 1975 in Pretoria gebore.

“In 1997 het ek by die Universiteit van Pretoria in Beeldende Kunste my graad gekry.”

Sy sê tydens haar studies het sy verskeie toekennings ontvang.

“Van 1998 tot 2005 het ek in Nederland gewoon waar ek ook uitstallings gehou het.”

Behalwe vir landskappe skilder sy ook graag portrette.

“Ek hou daarvan om met verskillende mediums te eksperimenteer.”

LEES OOK: Beroemde kunstenaars beloof pret en plesier

Haar werk is in versamelings oor die hele wêreld opgeneem.

Die opening begin om 19:00 en die uitstalling duur tot 22 September.

Boon se kunswerke sal elke Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 17:00 uitgestal word.

Op Saterdae sal haar kunsuitstalling oop wees van 09:00 tot 14:00.

 

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button