Wen kaartjies na Kraakvars Classics

Wen lekker kaartjies.

Kraakvars Classics is ‘n opwindende nuwe lig-klassieke musiekproduksie vir die kieskeurige musiekliefhebber aangebied in samewerking met die Atterbury Teater met soliste  André Schwartz, Burgerd Botha, Henry van Dyk, Veramarie Meyer, Charlotte Kilian en Helena Ceronio.

Tydens die produksie sal bekende en minder-bekende liedere uit die lig-klassieke genre uitgevoer word met begeleiding deur die pianis Engeli Le Roux en die Pretoria Simfonieorkes. Solo-liedere, wat deur elk van hierdie top kunstenaars uitgevoer word, sal afgewissel word met duette en ensemble werk.

Die gedagte is om hierdie produksie ‘n jaarlikse instelling te maak en ligte klassieke musiek ‘n nuwe baadjie te gee en sodoende goeie kwaliteit musiek toeganglik te maak vir die  breë publiek.

Datum: Sondag 27 Augustus 2017

Kompetisie sluit: 21 Augustus 2017

Kaartjies: R180 – R200

Besprekings: Computicket of 012 471 1700

KOMPETISIE:

Staan ‘n kans om een van drie dubbel kaartjies te wen om die vertoning by Atterburyteater te sien. Om vir die kompetsie in te skryf, vul die onderstaande inskrywingsvorm in en gebruik die woord ‘KRAAKVARS’ in die sleutelwoord blokkie.

Related Articles

Back to top button