Wen kaartjies om Hartklank op verhoog te sien

Moet hierdie geleentheid nie misloop nie.

Dit is die boodskap en motivering agter bekende sanger en liedjieskrywer, Joe Foster se nuwe projek en album – Hartklank.

Hartklank is wel die taal wat almal se harte afsonderlik met elkeen praat, en dit is nie eksklusief nie. Dus is Hartklank veel meer as net musiek en kan Hartklank enige iets wees wat jou laat voel asof alles beter is wanneer jy by dit is.

“As jou woorde vir my kon sê waar daar liefde kort… Die regte woorde kom nie altyd maklik nie maar daar is altyd lirieke…”

Bederf jou geliefde vir Valenynsdag met romantiese treffers soos Mona Lisa en In Die Reën Vir Jou wat jou sal los met hoendervleis, want mooi musiek was maar nog altyd die pad na enige iemand se hart.

Tyd: 14 Februarie 2017 om 20:00

Plek: The Barnyard Theatre (Parkview)

Prys: Kaartjies beloop R150 pp by 012 807 4827 of marketing@wiansmith.co.za of koop kaartjies op The Barnyard Theatre se webwerf.

Video:

KOMPETISIE:

Staan ‘n kans om twee kaartjies te wen om die vertoning by te woon. Om vir die kompetisie in te skryf, vul die onderstaande vorm in en gebruik die woord ‘HARTKLANK’ in die sleutelwoord blokkie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version