Tehuis kry nodige hupstoot

Die dag het vele verrassings ingehou.

Die Phyllis Robertson-tehuis vir gestremdes het Saterdagoggend ’n welkome hupstoot gekry.

’n Damestee is by die tehuis in die Moot gehou om geld in te samel sodat personeel gehalte-sorg vir pasiënte kan volhou.

Die dag het vele verrassings ingehou met spreker, Dalene Rothmann van Woordsake wat gepraat het oor “vroue wat pêrels is”.

Die bekende Suid-Afrikaanse sopraan Mimi Coertse het ook die tee bygewoon.

Die Phyllis Robertson-tehuis vir gestremdes is op 14 Oktober 1961 deur Phyllis Robertson gestig. Die tehuis is ’n geregistreerde nie-winsgewende organisasie en verskaf hoë-gehalte sorg vir gestremde volwassenes.

“Dit is vir ons ’n voorreg om in ’n veilige omgewing te kan versorg. Ons is trots dat ons vir mense hul menswaardigheid kan bewaar,” sê Rina Bredenkamp, bestuurder van die Phyllis Robertson-tehuis.

“Ons is bly dat ons altyd gehalte-sorg aan ons pasiënte kan verskaf.

Die Phyllis Robertson-tehuis versorg 63 voltydse inwoners en twee dag-besoekers.

Gestremde volwassenes tussen 18 en 50-jaar-oud word deur 38 personeellede versorg. Dit sluit ’n voltydse verpleegster, assistant-verpleegster en versorgers in.

Vir meer inligting oor die tehuis kan die webtuiste besoek word: phyllisrobertsonhome.co.za of belangstellendes kan 012-326-4105 skakel.

Related Articles

Back to top button