KOMPETISIE: Vergete leuens

Uiteindelik moet Kalli haar instink volg en aanvaar die raaisel van hierdie moorde lê by die gesellinne, al is hulle soos susters vir mekaar.

Pretoria-skrywer Lien Roux-de Jager se nuwe verhaal, Vergete Leuens, beloof om jou van begin tot einde te boei.

Die boek handel oor Kalli Krynauw, ’n forensiese psigofisioloog en een van Secret Intelligence Services se staatmakers, wat probeer om drie moorde in ’n gesellinklub te ontrafel.

Só leer sy veel meer van prostitute en van die ingewikkelde, tragiese lewens wat hulle tot die oudste beroep op aarde aanspoor, maar niks wat vir haar in die moordondersoek van waarde kan wees nie. Telkens beland ’n nuwe leidraad haar weer in ’n doodloopstraat.

Die dringendste vraag is hoe die moordenaar, indien dit dieselfde persoon is, toegang tot dié streng bewaakte klub gekry en weer sy pad na buite gevind het?

Dit lei haar na ’n wêreld van kindermolestering en die afskuwelike gevolge daarvan.

Hierdie keer is dit nie net Kalli se veiligheid wat in die spel is nie. Haar vierjarige dogtertjie is weerloos en die wêreld is groot.

Die briljante Kalli Krynauw laat egter nie los as ’n saak haar eers “gehaak” het nie.

Rekord het twee boeke om weg te gee. Besoek Rekord se webtuise om in te skryf.

Vul die onderstaande vorm in en gebruik Vergete Leuens as sleutelwoord.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button