Vyf minute saam met Angelique Gerber

Pretoria se eie skoonheid, Angelique Gerber, vertolk die rol van die blonde seksbom Anaïs in die nuwe rolprent, Dis Koue Kos, Skat.

Pretoria se eie skoonheid, Angelique Gerber, vertolk die rol van die blonde seksbom Anaïs.

Anaïs (30), oftewel “Die Ander Vrou” probeer munt slaan uit haar blonde haarverlengings en die kredietkaarte haar vorige vriendin se vorige man.

Sy het nogal ’n obsessie oor die kleur wit. Wanneer sy nie ander vroue se mans steel nie, is sy prettige geselskap.

’n Paar vrae aan Angelique Gerber:

Wat het jou laat besluit om die rol van Anaïs te aanvaar?

Ek is mal oor Etienne Fourie se werk en wou graag saam hom en natuurlik Anna-Mart ook werk!

Sou jy sê dat hierdie storie ’n Suid-Afrikaanse of ’n universele storie is?

Definitief universeel. Hoewel die storie ’n komiese ondertoon het, is dit baie hartseer – soveel huwelike misluk omdat dit deesdae so maklik is om buite-egtelike verhoudings aan te knoop.

Het jy dit geniet om saam met Deon Lotz te werk? Hoekom dink jy sal mense hulleself met die storie en karakters kan vereenselwig?

Hy is vreeslik aangenaam, het my altyd gemaklik laat voel en het soveel respek vir almal op stel. En ek het baie by hom geleer.

Hy het terselfdertyd aan ’n ander film geskiet en het partykeer direk van ’n nightshoot af op stel opgedaag, maar hy het steeds sy beste gegee en was vriendelik met almal.

Ek sal enige tyd weer saam die hele span werk. Ek dink ons almal ken ’n Anaïs of ’n Clara of selfs ’n man soos Bernard wat jonger bloed soek. Die storie en karakters is so slim en mooi geskryf dat daar regtig iets vir almal in die storie is.

As jy een van die karakters vir ete kan nooi, wie sal dit wees, hoekom sal jy die karakter nooi en wat sal jy voorberei?

Ek as Angelique wil vir Anaïs nooi en haar ekstra warm peri peri-hoenderlewer voer. As Anaïs wil ek vir Paula (Clara en Bernard se dogter) nooi omdat sy so maklik is om mee te praat. Vir haar sal ek visvingers en slaai bedien.

Hoe was dit om saam met Etienne Fourie as regisseur te werk?

Ongelooflik. Hy is jonk, vol energie en weet presies hoe om die regte emosie uit ’n akteur te haal. Ek glo hy het die beste in my as aktrise na vore gebring.

Pasta, pasta en nogmaals pasta! Maar dit moet regte Italiaanse pasta wees.

Vingeretes, die soort wat jy vir jou geliefde kan voer, ha ha! Nee sjoe ek weet nie, vir my is die kos net so belangrik as die atmosfeer, wyn en musiek.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button