WEN: Maak seker jy kry jou Modder en Bloed DVD

Skryf nou in en wen 'n Modder en Bloed DVD. Jy kan ook 'n wegbreek vir twee na St Helena-eiland wen.

 

Sedert dié film vroeër vanjaar vrygestel is, het dit ongelooflike terugvoer ontvang en aanhangers sal bly wees om te hoor dat Modder en Bloed uiteindelik nou ook op DVD beskikbaar is. Modder en Bloed, vertel die verhaal van trots, hoop, uithouvermoë, die krag van die menslike gees en Suid-Afrikaanse geskiedenis en is ’n uitstekende toevoeging tot Suid-Afrika se groeiende fliek-biblioteek. Geïnspireer deur ware gebeure, speel die film gedurende die Anglo-Boereoorlog in 1901 af toe ’n groep Boere-krygsgevangenis deur die Britte na konsentrasiekampe op St. Helena – ’n klein eiland meer as 3 000km van Suid-Afrika, in die middel van die Suid-Atlantiese Oseaan – verban is.

Dit is hier waar Willem Morkel (Stian Bam) sy innerlike worsteling moet oorkom ten einde die wrede bewind van Kolonel Swannell (Grant Swanby) te beveg en die lewe van ’n jong seun te red deur middel van ’n rugbywedstryd.

Modder en Bloed spog met ’n uitmuntende span plaaslike en Britse akteurs, wat name soos Charlotte Salt, Bok van Blerk, Patrick Connolly, Deon Lotz, Jacques Bessenger, Edwin van der Walt, Altus Theart en vele meer insluit.

Die Suid-Afrikaanse oorlogfliek, Modder en Bloed is die perfekte toevoeging tot enige fliekliefhebber se versameling en die ideale geskenk om iemand gedurende 2016 mee te bederf. Kry jou eksemplaar vandag nog by uitgesoekte DVD-handelaars regoor die land.

EXTRA:

Wen ’n wegbreek vir twee na St. Helena-eiland met Modder en Bloed en Musica

Koop jou Modder en Bloed-DVD by Musica, neem ’n selfie van jouself met die DVD en betaalstrokie, en laai dit op Ster-Kinekor se Facebook-blad om in te skryf vir die kompetisie. Een gelukkige kyker en hul metgesel sal die geleentheid kry om St. Helena-eiland te besoek en te sien waar die Boere, tydens die Anglo-Boereoorlog, in konsentrasiekampe aangehou is. Die wenner sal self kan sien waar plekke soos Stonewood- en Deadwood-kampe geleë is en Willem Morkel en sy medegevangenis kolonel Swannell se onderdrukking beveg het met ’n rugbywedstryd. Die kompetisie is oop vir alle Suid-Afrikaanse burgers, ouer as 18, met ’n geldige Suid-Afrikaanse paspoort. Die prys sluit twee retoer-vliegtuigkaartjies en verblyf op St. Helena-eiland in, ter waarde van R50 000. Die prys is onderhewig aan vlugskedule en die lugroete tussen OR Tambo Internasionale Lughawe en die nuwe St. Helena Internasionale Lughawe. Die kompetisie sluit op 30 September.

WEN:

Vyf gelukkige Rekord lesers kan elk ‘n Modder en Bloed-DVD wen. Voltooi die onderstaande vorm om in te skryf. Die sleutelwoord is Bloed. Die kompetisie sluit op 8 September.

Related Articles

Back to top button