WEN: Jannie du Toit in aksie by die Brooklyn-teater

Aanhangers sal hierdie vertoning baie geniet.

Jannie du Toit is bekend vir sy werk as sanger, liedjieskrywer, kitaarspeler en verwerker en in sy jongste vertoning Bonjour Monsieur Brel, kry aanhangers die geleentheid om hom in aksie te sien soos nog nooit tevore nie.

In Du Toit se jongste verhoogprogram vertolk hy Jacques Brel se beeldryke tekste in vier tale: Afrikaans, Engels, Frans en Nederlands.

Hy word begelei deur Susan Mouton (tjello en sang) en Coenraad Rall (klavier).

Du Toit is dekades reeds ’n Brel-vertolker. Sy eerste vertolking was in 1988 tydens die produksie Van Berlyn tot Bapsfontein saam met Laurika Rauch en later ook in De Kleine Man en Jannie en die Tannie saam met Christa Steyn.

Sy mees onlangse optrede in ’n Brel-produksie was tydens die 2010 produksie Brel in Brooklyn.

Bespreek nou jou kaartjies vir Bonjour Monsieur Brel wat op 8 September by die Brooklyn-teater opgevoer word.

Toegang wissel tussen R100 en R130 en die vertoning begin om 19:00. Vir meer inligting besoek www.brooklyntheatre.co.za of skakel 012 460 6033.

WEN

Drie Rekord-lesers kan dubbelkaartjies vir Bonjour Monsieur Brel wen.

Vul die aansoekvorm hieronder in en gebruik die sleutelwoord ‘Brel’. Aansoeke sluit 3 September.

 

Exit mobile version