WEN: Dis koue kos, skat

Een Rekord leser staan die kans om ’n dubbele kaartjie asook ‘n geskenkpakkie te wen.

Die nuwe Afrikaanse rolprent Dis Koue Kos, Skat handel oor verraad, jaloesie, wraak en die belangrikheid van familie.

Hierdie temas is universeel en almal kan op die een of ander manier daarby aansluiting vind.

Die rolprent is gebaseer op ’n roman van Marita van der Vyver en beloof om die gehoor te bekoor.

Dit is van 26 Augustus af by Nu Metro Woodlands en Menlyn Park te sien, met Engelse onderskrifte.

Kosskrywer, Clara Brand (Anna-Mart van der Merwe) besluit ná haar man, Bernard (Deon Lotz) se ontrouheid saam met een van haar beste vriendinne (Angelique Gerber) op ’n nuwe begin in Kaapstad.

Saam met haar twee kinders en hulle Mopshond, Tjoklit, begin sy ’n reis van genesing en wraak.

Met sewe studente – almal mans – wat opdaag vir Clara se nuwe kookklas, is haar beste vriendin, Minette (Elzabé Zietsman) daarvan oortuig dat die heelal vir haar ’n boodskap stuur – dit is tyd vir ’n herlewing van haar liefdeslewe.

Clara durf dus – ná twee dekades van getroude lewe – weer die wêreld van dating aan.

Clara deurleef die verskillende fases van haar herstelproses – woede, aanvaarding, hernieude bande met haar vorige man, die stryd om haar kinders gewoon groot te maak en die moontlikheid van ’n splinternuwe romanse – met (pogings tot) waardigheid, ’n sin vir humor en natuurlik heerlike kos.

Clara se storie is een van van vooraf begin, humor, hartseer en avontuur.

Wraak is ’n dis wat op sy beste smaak as dit koud geëet word en as daar een ding is wat Clara beslis weet, is dat dit ’n resep vir enige geleentheid – of ramp – is.

WEN:

Een Rekord leser staan die kans om ’n dubbele kaartjie asook ‘n geskenkpakkie te wen. Vier addisionele lesers staan die kans om elk ‘n geskenkpakkie te wen.

Die geskenkpakkie bevat ‘n voorskoot, slaailepels, ‘n kopie van die nuwe fliek-uitgawe van Marita van der Vyver se boek en ‘n bottel Wellington wyn.

Om vir hierdie kompetisie in te skryf, vul die aansoekvorm hieronder in en gebruik die woord “SKAT” as ‘n sleutelwoord. Aansoeke sluit volgende Woensdag, 31 Augustus.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button